Koop die tyd uit

time1509As jy wys is, sal jy dikwels nadink oor wat jou tyd in beslag neem. Charles Swindoll skryf, 'In...The Time Trap was 'n lys van die mees algemene "tydverkwisters". Dit het my gehelp om te bepaal watter spesifieke areas van onbekwaamheid ek moes dophou. Wie het nog nie die ware verhaal van Charles M. Schwab en Ivy Lee gehoor nie? Schwab was president van Bethlehem Steel. Lee, 'n konsultant, het die uitdaging gekry, "Wys my hoe om my tyd beter te benut." Schwab het onderneem om Lee 'enige redelike' vergoeding te betaal as sy voorstel sou werk. Lee het 'n plan bedink: "Skryf die vernaamste take vir môre in volgorde van belangrikheid neer.

Wanneer jy by die werk aankom, begin dadelik met taak nommer een en hou daarmee aan totdat die werk voltooi is. Kyk weer na jou prioriteitslys en begin dan met taak nommer twee, dan nommer drie.

Maak dit jou en jou ondergeskiktes se gewoonte. Probeer hierdie metode so lank jy wil en betaal my dan wat jy dink dit werd is."' Daardie een wenk het die Bethlehem Steel Korporasie binne vyf jaar in die grootste onafhanklike staalvervaardiger ter wêreld verander.

Hoeveel het Schwab sy konsultant betaal? 'n Aantal weke na hy die plan ontvang het, het hy erken dat dit die beste wenk is wat hy ooit ontvang het en aan Lee 'n tjek vir $25 000 (ongeveer R175 000) gestuur. Probeer dit self. As dit werk, goed. Moet my egter nie vir hierdie wenk betaal nie. Ek sal dit net op die volgende boek oor tydbestuur uitmors... een wat ek nie tyd het om te lees nie.'

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348