Die reine waarheid
'n Tiener wat pas sy bestuurslisensie gekry het, het aan sy ouers gesê dat hy vriende by 'n plaaslike restaurant sou ontmoet. Hierdie spesifieke restaurant het egter verskeie takke gehad en die een waarna hy sou gaan, was 60 myl (ongeveer 100 km) ver. 'n Gesegde lui, 'Wat jy nie openbaar nie, sal jou openbaar.' Ongelukkig vir hom het sy ouers daardie aand na dieselfde plek gegaan. Kan jy jou sy skok voorstel toe hy by 'n kruising stop en sy ma sien wat na hom kyk met daardie gesigsuitdrukking wat ouers vir die ergste stoutigheid hou!
Ons moet '...afstand...doen van die geheime dinge wat 'n mens skaam maak. Ons leefstyl is nie die van misleiding...nie...' (2 Korintiërs 4:2); die reine waarheid praat sodat mense '...ten volle sal verstaan...' (2 Korintiërs 1:13 NLV). Ons weet sommer dadelik dat sekere uitlatings leuens is, soos 'die tjek is gepos... die hondjie sal nie in die huis mors nie... ek sal niemand vertel nie.' Daar is egter, '...slinksheid en slimstreke' (Efesiërs 4:14) wat soos die waarheid klink. Byvoorbeeld, ons verdoesel feite wat ons in 'n swak lig kan stel. Of ons verdraai die waarheid sodat ons iemand nie te na kom nie. Iemand skryf, 'Een van die vernaamste vaardighede wat jy kan leer, is om verhoudingsprobleme op te los. Dit sorg vir 'n suksesvolle gesinslewe, loopbaan, opleiding, en sosiale lewe. Ons sal nooit waarlik gelukkig wees sonder hierdie vaardigheid nie. As jy 'n probleem met iemand ondervind, stel jou saak op 'n minsame, positiewe wyse. 'Goed begin, is half gewin!' Dus, '[bly] by die waarheid... en groei om soos Christus te wees...'
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















