Ondersteun jou huweliksmaat!
Die digter skryf, 'Liefde in jou hart moenie daar bly nie. Liefde is nie liefde totdat jy dit weggee nie.' Dit maak nie soveel saak as baie mense jou verwerp nie, solank daar net een by die huis is wat jou liefhet. Die lewe kan jou soms platslaan, maak dus van jou huis jou hawe. Hier volg 'n verhaal om jou te help.
Hy het uiteindelik vas besluit om sy werkgewer om 'n salarisverhoging te vra en het sy vrou van sy voorneme vertel. Hy was die hele dag onrustig. Teen laatmiddag het hy genoeg moed bymekaargeskraap en na sy baas gegaan. Hy was in die wolke toe die verhoging toegestaan word. Tuis het 'n mooi gedekte tafel en die geure van 'n spesiale maaltyd hom begroet. Hy het aangeneem dat een van sy kollegas sy vrou heimlik ingelig het. In die kombuis het hy die wonderlike nuus aan haar meegedeel. Toe hulle aansit vir die ete het hy 'n kaartjie langs sy bord gekry, 'Veels geluk! Ek het geweet dat jy die verhoging sou kry! Hierdie maaltyd is net om te wys hoe lief ek jou het.' Later, op pad na die kombuis het hy 'n tweede kaartjie, wat uit haar sak geval het, opgetel. Op die kaartjie het gestaan, 'Moenie bekommer omdat jy die verhoging nie gekry het nie. Jy verdien dit in elk geval. Hierdie maaltyd is net om te wys hoe lief ek jou het.'
Aanvaarding! Liefde! Sy sou by hom staan wat ook al die omstandighede. Sy sou die skokke versag en die wonde genees omdat sy onwrikbaar in hom glo. Dus, die woord vir jou vandag is - ondersteun jou huweliksmaat!
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















