Jou gebede tel vír God
In die Ou Testament lees ons dat Abraham suid getrek en by Gerar gekom het. Abraham het toe '...vir die mense [vertel] dat sy vrou Sara sy suster is. Koning Abimelek van Gerar laat haar toe haal en neem haar op in sy paleis.' (Genesis 20:2 NLV). Dink net hoe Sara moes gevoel het: alleen in die paleis, vreesbevange.
Die ergste is dat haar man dit oor haar gebring het! Ons weet nie wat Sara vir die Here gesê het nie, maar dit het vir God getel, want Hy het, 'in 'n droom aan Abimelek [verskyn] en...vir hom [gesê]: "Jy speel met die dood, want daardie vrou wat jy geneem het, is getroud."...Stuur haar nou terug na haar man toe... Dan sal jy bly lewe...(Genesis 20:3-7 NLV). God se opdragte is altyd duidelik, daar is geen twyfel oor wat Hy sê nie. 'Die Here stuur die koning soos Hy wil.' (Spreuke 21:1 NLV). Selfs gesagsfigure wat nie eens van jou bestaan weet nie, moet God gehoorsaam, want '...God het immers geen witbroodjies nie.' (Romeine 2:11 NLV).
Wat staan jou dus te doen wanneer jy in 'n situasie vasgevang is en jy kan dit nie verander nie? Of wanneer iemand wat jy liefhet jou in die steek laat? Bid! Moenie aan bitterheid of vrees toegee nie, bid tot God. Hy sal aan jou gehoor gee, soos Hy aan Sara gehoor gegee het. Hoe kan jy seker wees? Want Sy Woord sê, 'Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het 'n kragtige werking.' Omstandighede lyk miskien sleg, nes vir Sara, maar jou gebede tel vir God.
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















