Wees goedhartig

2011-10-02 194553Ons verskoon ons liefdeloosheid, gebrek aan goedhartigheid, geduld en al die ander 'vrugte van die gees' deur te verklaar dat ons 'besig' is en 'hard werk.' Dit rym egter nie met Christus se lering nie. Hy het gesê, 'Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen...' (Matteus 7:12 NLV). Wanneer laas het jy iemand gehelp sonder om enigiets terug te verwag? Moeder Teresa het gesê, ' 'n Dag sonder om liefde...te bewys, is 'n dag wat nie werd is om geleef te word nie.' Liefde teenoor ander moet 'n lewenswyse wees, 'n vaste gesindheid, 'n verbintenis.

William Barclay het gesê: 'Meer mense is al na die kerk gebring deur die goedhartigheid van egte Christelike liefde as deur al die teologiese argumente in die wêreld. En meer mense is al weggedryf deur die hardvogtigheid van sogenaamde Christene as al die twyfel in die wêreld.' Het jy al ooit daaraan gedink dat die klein daaglikse frustrasies net God se manier is om jou kans te gee om meer soos Christus te word?

Chuck Swindoll het geskryf: 'Wat doen die Here om my horisonne te help verbreed en my te help om te sien hoe selfsugtig ek is? Baie eenvoudig: Hy gee my vier besige kinders wat op tone trap, klere kreukel, melk mors, motorvensters lek, en taai lekkergoed op die mat laat val...om 'n onselfsugtige gesindheid te hê, is teen die kern van ons wese. Dit beteken dat ons gewillig is om ons eie gemak te versaak, ons eie voorkeure, ons eie skedule, ons eie begeertes tot iemand anders se voordeel. En dit bring ons by Christus terug.'

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348