Wettiesheid of genade? (2)

2011-10-07 014729Ons dink 'n lys van moets en moenies sal ons God se guns laat verkry. Dis vreesgebaseerde denke en, '...God het ons nie 'n gees van skugterheid gegee nie...' (2 Timoteus 1:7 NLV). 'Ware liefde het nie plek vir vrees nie; omdat vrees nog met straf behep is' (1 Johannes 4:18 NLV). Wettiesheid is die vrees dat God nie genadig genoeg is om sondes te vergewe nie, dat tensy jy die regte ding op die regte manier op die regte tyd doen jy in diep moeilikheid is.

Jon Walker skryf: 'Wanneer ons bang is om foute te maak, word ons skugter, en kan ons nie met oorgawe leef nie, analisering beïnvloed ons besluite en ons lei stil, desperate, anti-geloof lewetjies, te bang om met moedige selfvertroue (wat genade aan ons gee) in onsekerheid op te tree, sonder vrees vir verwerping.'

Martin Luther was gekant teen 'n geloof van goeie werke, 'Wees 'n sondaar en laat jou sondes sterk wees, maar laat jou vertroue in God sterker wees, verheug jou in Christus die oorwinnaar oor sonde.' Luther het sonde nie verskoon nie! Hy het genade egter op die regte plek teruggeplaas, en bevestig dat niks ons van God se liefde kan skei nie (Romeine 8:38-39). Hy het nie die wet misken nie, maar het genade hoër geag. Genade beteken om na God te luister, wanneer dit makliker sou wees om net die reëls na te slaan.

Die waarheid is, 'Christus het immers tot in die hemel self ingegaan om nou as ons voorspraak voor God te verskyn' (Hebreërs 9:24 NLV). Hy het ons vrygemaak. Sonde kan ons nie van God skei nie.

Bron : Radiokansel

 

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348