Jy sal deur God se genade slaag!

2011-10-11 223200Die Bybel vertel van 'Simson, Jefta, Dawid, Samuel, wat deur te glo koninkryke verower, die reg herstel, verkry [het] wat God beloof het, leeus se bekke toegestop, die gloed van vuur geblus en aan die swaard ontkom [het]. Hulle het krag in hulle swakheid ontvang...' (vv. 32-34). Wie was hulle? Jefta was 'n uitgeworpene, die kind van 'n ongehude moeder. Samuel was 'n groot profeet, maar nie 'n wonderlike ouer nie. Dawid was 'n psalmdigter, maar het 'n buite-egtelike verhouding gehad. Hulle het egter almal krag ontvang. Jy kan ook!

God werk deur mense soos hulle, maar verduidelik nooit Sy redes nie. Hy plaas ons in moeilike omstandighede, ontsluit dan ons geloof, ons medelye en ons kreatiwiteit. Wanneer ons nie weet waarheen om te gaan nie, bring Hy ons in verbinding met die regte mense wat die regte deur op die regte tyd kan oopmaak. Dit beteken egter nie dat ons nie bang sal wees nie; vooruitgang is nog altyd deur die mense gemaak wat hulle vrese in die oë kon kyk en hulle kon oorwin. Hulle het besef dat geleentheid en sekerheid teenoorgesteldes is. Die waarheid is dat as die uitdagings in jou lewe nie jou geloof beproef nie, die Here waarskynlik nie betrokke is of daarin behae sal vind nie.

Phillips Brooks het gesê, 'Moenie vir makliker lewens vra nie; bid om sterker mense te wees. Moenie vir take vra wat gelyk aan julle vermoëns is nie, bid om krag wat gelyk is aan julle take. Die uitvoer van julle werk sal dan geen wonder wees nie, maar julle sal die wonder wees. Jy sal elke dag wonder oor jouself, oor die rykdom van die lewe wat jy deur God se genade verkry het.'

Bron : Radiokansel

 

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348