Eer Sy Naam

2011-10-13 220424Die jong doopouers het oor hulle babaseuntjie se naam gestry. Die ma wou haar pa vernoem en haar man sy pa. Toe die pastoor uitvind dat albei die oupas Josef heet, het hy gevra wat die probleem dan is. Die pa het geantwoord, 'Wel, haar pa is 'n krimineel en my pa is 'n Christen. Hoe sal mense weet na wie die kind vernoem is?' Die pastoor het geantwoord, 'Noem hom Josef en kyk na watter oupa aard hy. Dan sal almal kan sien wie se naam hy dra.' Jesus het ons geleer om so te bid, 'Laat U Naam geheilig word. Laat U Koningsheerskappy kom. Laat U wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.' (vs. 9-10).

Saint Franciscus het eendag in 'n dorp gaan preek en 'n jong monnik saamgeneem. Daar aangekom, het hulle egter net met die dorpsmense en die verkopers op die markplein gesels. Terwyl hulle na die klooster terugstap, het die jong monnik gevra hoekom hulle dan nie gepreek het nie. Sint Franciscus het geantwoord, 'Mense het deurentyd na ons geluister; hulle het ons gesindheid en optrede dopgehou. Dit was ons boodskap.' Paulus skryf, '...[wees] met julle eie sake besig...[werk] met julle eie hande...sodat buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry...' (1 Tessalonisense 4:11-12). Dit beteken jou woorde en dade moet klop, jy moet werklik vir ander omgee, niemand bedrieg nie, jou geldsake in orde hou, nie jou werkgewer indoen nie.

Petrus skryf, '...almal moet nederig in mekaar se diens staan...' (1 Petrus 5:5). Dis maklik om jouself 'n Christen te noem, maar jou dade moet dit bewys!

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348