Bestudeer God se Woord!

2011-10-16 221246Dit pla die duiwel nie dat jy bolangs met God se Woord omgaan nie, solank jy die Bybel net nie gereeld lees of 'n studie daarvan maak nie. Praat jy dalk al lank daaroor om Bybel te lees?

Dr. Howard Hendricks skryf: 'Enigeen kan 'n spoggerige plan vir verandering opstel. Iemand beoog om die hele wêreld vir Christus te wen. Iemand anders wil oor die volgende vyf jaar elke Bybelboek bestudeer. Nog iemand wil 100 Bybelverse memoriseer. Iemand anders wil 'n christelike eggenoot word. Wonderlik! Maar wanneer gaan jy begin?

Totdat jy daardie vraag kan antwoord, bly dit net by voornemens - dit het geen waarde nie. Wat baat dit om te droom om die wêreld te bereik, maar jy kan nie eens die Evangelie met jou kollega deel nie? Hoe gaan jy die ganse Bybel bestudeer as jy nie eens weet wat jy môre gaan lees nie? Hoe kan jy 100 verse memoriseer as jy nog nie eens een geleer het nie? In plaas daarvan om oor 'n sogenaamde Christelike huwelik te fantaseer, hoekom probeer jy nie met iets eenvoudig soos om die skottelgoed te was, of om jou lewensmaat te ondersteun nie? Dit help nie dat 'toewyding' net op die vlak van goeie bedoelings bly nie omdat ons te veel op die uiteinde van die reis konsentreer, sonder om die wanneer, waar en hoe ons die eerste tree gaan gee te spesifiseer. Iemand het dit so raak gesê, "Ons beplan nie om te misluk nie, maar ons laat na om te beplan.'"

Bron : Radiokansel (inhoud aangepas)

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348