Moenie vertroue skend nie

2011-10-18 230623Almal van ons het 'n 'bieg'-persoon nodig; 'n veilige plek waar ons ons lot kan bekla, waar ons weet dat ons liefde, begrip en ondersteuning sal kry, en waar daar vir ons gebid word. As mense in nood hierdie tipe ondersteuning nie in die kerk kan kry, waar sal hulle dit kry? Dis baie verkeerd om iemand se vertroue te skend. Wat jy gesê het, mag miskien die waarheid wees. Wat daarvan? ' 'n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime.' (Spreuke 11:13 NLV). Let op die begrippe 'uitlaat' en 'bewaar.'

Die Eed van Hippokrates lui so: 'Wat ek ook al in die uitvoering van my professie sien of hoor, sal ek nooit uitlap nie; ek beskou sulke dinge as heilige geheime.' Hierdie eed word deur medici en ander professionele mense in vertrouensposisies afgelê. Dit behoort egter op elkeen van ons ook bindend te wees! Hoe sal jy voel as jou dokter, terapeut, predikant of vertroude vriend jou vertroue skend en al jou geheime uitlap? Seergemaak? Verraai? Hoe ouer ons word, hoe meer besef ons dat daar 'n ernstige tekort is aan mense op wie ons kan staatmaak om stil te bly, en hoe meer waardeer ons hulle. As jy moes definieer wat 'n betroubare persoon is, sal die kwaliteit van vertroue nie ook bo-aan jou lys wees nie? Hier is 'n paar lewensreëls met betrekking tot vertroue:

a) Moenie daaroor praat nie, bid eerder;

b) Moenie kritiseer nie, soek eerder na die goeie;

c) Moenie woede wys nie, wys eerder welwillendheid.

Die manier waarop jy ander mense behandel, is hoe jy behandel sal word.

Bron : Radiokansel (inhoud aangepas)

 

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348