Balanseer jou gesin en loopbaan

2011-10-23 204536Om jou loopbaan en die behoeftes van jou gesin te balanseer, vereis moeilike en onselfsugtige keuses van 'n mens; jy sal egter met vreugde op die regte keuses kan terugkyk. John Ortberg skryf: 'Ek het 'n vriend wat 'n professionele musikus is. Hy het vir jare rond getoer en was besig om baie suksesvol te word. Drie jaar gelede het hy egter vir die eerste keer pa geword. Hy was omtrent die helfte van die tyd weg van die huis en het besef dat sy dogter hom skaars ken. Hy het geweet dat hy 'n verandering sou moes maak, maar die gedagte het hom bang gemaak. Sê nou net dit vernietig sy loopbaan?

Hy het 'n pos as hoof van die musiekdepartement van 'n nabygeleë universiteit aanvaar. Hy tree steeds op, maar hy toer nou net vir kort tye. Sy verhouding met sy dogter is 'n bron van vreugde en trots, wat hy andersins nie sou gehad het nie. Hy moes sy ou drome laat vaar, maar het sedertdien 'n treffer CD opgeneem en is benoem vir 'n Grammy toekenning. Nog belangriker is dat hy weet dat sy dogter as 'n heeltemal ander mens sal grootword omdat daar nie 'n leemte in haar lewe is waar haar pa veronderstel was om te wees. Teen die einde van sy lewe sal hy 'n titel hê wat meer beteken as die titel musiekster. Daardie titel is 'pa!' Die Bybel sê dat 'n leier sy 'eie huisgesin goed [moet] kan bestuur' (1 Timoteus 3:4 NLV) Dit is nie net op leiers van toepassing nie, maar op almal van ons!

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348