Voorbereiding (3)

2011-11-13 181427Let op na twee dinge wat Naomi aan Rut oor haar ontmoeting met Boas geleer het:

1) Jy moet op die regte plek wees. Naomi het aan Rut gesê, 'Gaan dan na die dorsvloer toe,' (Rut 3:3 NLV). Hoekom? Want Boas was daar! Jy moet geestelik op die regte plek wees om jou seën uit God se hand te ontvang. Satan sal jou probeer wysmaak dat jy dit nie verdien nie. Hy sal jou probeer oortuig om te bly waar jy is en te luister na diegene wat jou probeer wegkeer van waar God wil hê dat jy moet wees. Hy sal jou uit jou plek laat voel terwyl jy eintlik op die regte plek is. Moenie sy leuens glo nie; wanneer God jou roep, rus Hy jou ook toe, bemagtig Hy jou en gebruik Hy jou tot Sy eer.

2) Die tyd moet reg wees. Rut het lank vir hierdie oomblik gewag en nou moes sy ook leer om stil te wees omdat die man deur wie God haar sou seën, aan die slaap was. Die moeilik om alleen oor iets opgewonde te wees; jy wil hê ander mense moet ook opgewonde wees. God sê egter soms, 'Wag!' Moenie dinge probeer ryp druk nie. Moenie jouself probeer begunstig nie, 'Die dinge gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan. Wag geduldig. Wees seker dit gaan gebeur.' (Habakuk 2:3 NLV). God se tydsberekening is perfek, maar Hy reageer miskien nie wanneer jy dit verwag nie. Hy het seëninge wat slegs vir jou bedoel is en wanneer die tyd ryp is, sal Hy hulle aan jou gee.

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348