Moenie 'n dwaas wees nie
Jou doodsberig sê baie oor jou. Koning Saul se laaste woorde was: '...ek was 'n dwaas.' (1 Samuel 26:21 NLV). Israel se eerste koning het potensiaal gehad - tot hy besluit het om dinge op sy eie manier te doen. Israel is deur die Filistyne aangeval, en hy het sy vreesbevange troepe probeer moed inpraat. Hy het geweet dat hy vir die profeet Samuel moes wag om 'n brandoffer te bring. Hy het egter gevoel dat hy dit sommer self kon doen, want God sou hom dit nie kwalik neem nie. Daardie een ongehoorsame daad het egter sy koningskap tot 'n val gebring. Saul het selfmoord gepleeg; 'n lewe vol belofte het in oneer geëindig.
Jy is 'n dwaas wanneer jy God in klein dingetjies misken. Saul het nie oornag tot 'n val gekom nie. Klein sondes het in grotes verander. Saul het gedink, 'Dis niks,' en sommer self voortgegaan. Hy het verduidelik, 'Ek het toe verplig gevoel om die brandoffer self te bring.' (1 Samuel 13:12 NLV). Let op sy woorde, 'Ek het gevoel.' Dit kan so reg voel, maar so verkeerd wees. Jy kan jou gevoelens net vertrou wanneer dit met God se Woord strook.
Jy is 'n dwaas wanneer jy jou optrede probeer regverdig. Saul het gesê, "Ek het gesien hoe my manskappe wegloop maar u daag nie op soos afgespreek nie. Die Filistyne gaan teen my optrek"' (1 Samuel :13:11 NLV). Staak eerder jou verontskuldiging, kom tot inkeer, en gehoorsaam God!
Jy is 'n dwaas wanneer jy wrewel toelaat om jou te beheer. Saul se jaloesie teenoor Dawid het hom uiteindelik verwoes. Meeste mense leer uit hulle foute, maar slim mense leer uit ander se foute!
Leer by Saul, moenie dwaas wees nie.
Bron : Radiokansel (inhoud aangepas)
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















