Jy kan kommer oorwin

how-to-stop-worryingMeeste van die dinge waaroor ons bekommer, gebeur nie, of eindig beter as wat ons verwag het. Soos geloof, is kommer 'n geestelike krag. Soos 'n magneet trek dit die dinge aan wat ons vrees, belemmer ons oordeel en misvorm ons perspektief. God het nooit verwag dat ons môre se laste saam met die van vandag moet dra nie. Daar is drie stappe om jou te help om kommer te oorwin:

1) Vervang dit. Dit help nie om aan iemand te sê om nie te bekommer nie. Die enigste manier om kommer te verbreek, is om dit te vervang, '...beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is' (Filippense 4:8 NLV). Jy moet die kanaal verander!

2) Ontleed dit. '...vrees nog met straf behep is ...' (1 Johannes 4:18 NLV). Kommer maak jou vreesbevange, laat jou verbeelding met jou weghardloop. Kommer is nie logies nie en wanneer jy dit ontleed en rasioneel uitmekaarhaal, verloor dit sy houvas op jou. 3) Styg daarbo uit. 'n Bekende pastoor was eenmaal in 'n vliegtuig bokant die Mississippi Rivier toe die lug donker geword het. 'Ons kan nie sien waar ons vlieg nie!' het hy benoud uitgeroep. Die vlieënier het kalm geantwoord, 'Ons moet net bo die hitte, stof en rook van die aarde uitstyg.' Nadat die vliegtuig nog 1 000 voet geklim het, het hulle in die helder, skoon, pragtige lugruim uitgekom.

Corrie Ten Boom het van geloof gesê, '[dis] die radar wat die mis deurpriem.' Wanneer kommer jou in die mis wil vaspen, kan jy daarbo uitstyg deur jou vertroue in God te plaas ' ...die wat hulle hoop op die HERE stel ...vlieg soos arende...' (Jesaja 40:31 NLV).

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348