Karakter - die blywende skoonheid

2011-11-24 171422Jy moet die regte perspektief ten opsigte van skoonheid hê: 'Moenie dink dis bloot uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en pragtige klere wat julle mooi maak nie. Julle skoonheid moet veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en 'n gemoed wat kalm en rustig is...' (1 Petrus 3:3-4 NLV). 'n Skoonheidshuis het aan kliënte gevra om foto's en 'n kort beskrywing van die mooiste vrou wat hulle ken, in te stuur.

Duisende briewe het ingestroom. Een was so uitsonderlik dat dit aan die president van die maatskappy voorgelê is. Die skrywer was 'n kind uit 'n gebroke huis wat in 'n arm buurt gewoon het. Die kind het, met vele spelfoute, geskryf: ' 'n Pragtige vrou woon in dieselfde straat as ek. Ek besoek haar elke dag. Sy laat my voel dat ek die belangrikste kind in die hele wêreld is. Ons speel dambord en sy luister na my probleme. Sy verstaan my. Wanneer ek uitstap, skree sy altyd agter my aan dat sy trots is op my.' Die seun het sy brief afgesluit met die woorde, 'Hierdie foto wys dat sy die mooiste vrou in die hele wêreld is, en ek hoop om eendag net so 'n pragtige vrou te hê.' Die foto daarby was die van 'n glimlaggende bejaarde vrou, sonder tande en in 'n rolstoel. Haar yl grys hare was agter haar kop in 'n bolla vasgesteek. Haar oë het so gevonkel dat mens skaars die diep plooie op haar gesig raakgesien het. 'Ons kan nie hierdie foto gebruik nie,' het die glimlaggende president gesê. 'Sy sal aan die wêreld wys dat 'n vrou nie ons produkte nodig het om beeldskoon te wees nie.

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348