Ons maak almal saak
Sinergie dui daarop dat die geheel groter is as die som van die dele. Positiewe sinergie kan slegs geskep word wanneer die regte mense op die regte plek op die regte tyd is en as almal op die regte doelwit konsentreer. Chester Nimitz, Hoof van Amerikaanse Vlootoperasies, het ten doel gehad om na die afloop van die Tweede Wêreldoorlog openbare belangstelling in lugvaart in die vloot aan die gang hou. Die Blue Angels Navy Flight Demonstration Squadron is sodoende gestig en het binne 'n jaar hulle eerste vertoning gehou. Die span het tot vandag nog duidelike doelwitte. Slegs gekwalifiseerde kandidate, wat aanhoudend op die hoogste vlak funksioneer, word gekies.
'n Voornemende lid moet eenparig deur die bestaande lede van die span verkies word. Slegs een nee-stem sal 'n kandidaat se kanse kelder. Geen redes of verduidelikings word van die paneel verwag nie - wat tekenend is van die vlak van respek en vertroue wat die lede vir mekaar se oordeelsvermoë het.
Die Blue Angels is vir die lede van die span soos familie. Wanneer 'n nuwe lid aangestel word, het hy jou lewe in sy hande. Nadat 'n persoon die span gehaal het, moet hy sy deel doen, wys dat hy sy plek werd is en op 'n daaglikse basis na uitnemendheid streef. Die voorreg om die wapen te dra, moet verdien word!
Slegs algehele toewyding is aanvaarbaar. Sou jý as lid van die Blue Angels kon kwalifiseer? Is jy 'n alleenhandelaar of 'n spanspeler? Is jy lojaal en betroubaar? Wanneer netelige situasie opduik, kan die lede van die span op jou staatmaak om hulle belange bo jou eie te stel?
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















