Kan hulle bepaal dat jy by Jesus was?
Luann Prater sê: 'My motornommerplaat het 'n embleem van my firma ... almal [kan] sien vir wie ek werk. Ek was opgewonde en trots - totdat iemand in die verkeer voor my ingedruk het en ek besef het dat ek nie kon reageer soos ek wou nie! As jy 'die seëlmerk van God op jou voorkop het ... ' (Openbaring 9:4 NLV) sou jy beter optree teenoor die verkoopsdame, die knorrige baas, die ongeskikte kind?
Wanneer jy met die Heilige Gees vervul is, is dit net so duidelik as om 'n naamplaat te hê wat verklaar dat jy aan Christus behoort. Ek is nou gewoond aan die nommerplaat. Ek bedink my voordat ek reageer. Oorweeg die gevolge ...
Dit maak my nie meer angstig nie, bang dat ek my firma in die skande sal steek. Deesdae waai mense vir my wanneer hulle my sien aankom. Wie lees jou naamplaat? Kan hulle bepaal dat jy by Jesus was?'
Jesus het gesê: 'Dit is juis hierin dat my Vader verheerlik word, dat julle baie vrugte oplewer en my dissipels is' (Johannes 15:8 NLV). Sou 'n video-opname van jou lewe wys dat jy 'n goeie eggenoot is, 'n liefdevolle ouer, 'n pligsgetroue werknemer en 'n vreugde om te ken?
Lysa TerKeurst sê: 'Laat ons eerlik wees, dis moeilik om alles vir Christus te wees in jou vleeslike liggaam. Sy lering moet my hart en verstand deurdring, [Ek] moet Hom vra om my natuurlike reaksies te onderbreek met Sy waarhede. Dus as my man vergeet om iets te doen, of my kinders my irriteer, of iemand voor my indruk in die verkeer, kan ek sê, "Vader, U wil geskied, nie myne nie."'
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















