Besluit om te verander!

2011-12-04 183009As jy regtig ernstig oor verandering is jyself die eerste persoon wat jy moet ken. Dis menslik om almal te analiseer, behalwe jouself. As jy nie gemaklik is met jouself nie, sal jy nie met ander gemaklik wees nie. As jy nie in jouself glo nie, sal dit jou lewe ondermyn. 'n Huweliksberader sê, 'Die belangrikste verhouding wat jy ooit sal hê, is met jouself. Jy moet eerstens jou eie beste vriend wees.' Hoe kan jy egter beste vriende wees met iemand wat jy nie ken, respekteer of eens van hou nie? Die antwoord is om te bepaal wat jou Goddelike roeping is, en daarna te streef om die persoon te word. Dit sal nie oornag gebeur nie. Dis 'n proses wat eerlikheid, gereelde berou en konstante selfberisping vereis. As jy toegewy is, sal God jou egter help.

As jy wil verander Is die eerste persoon wat jy moet verander, jyself. Dokter Samuel Johnson het gesê, 'Die persoon wat so min kennis van die menslike natuur het dat hy geluk najaag deur enigiets anders as sy eie gesindheid te probeer verander, sal sy lewe op vrugtelose pogings mors en die leed wat hy probeer verminder, net vermeerder.' Die Bybel sê, 'Ondersoek julleself.' Dis slegs wanneer ons selfondersoek voor God doen, wat ons vasstel waar die ware stryd lê. Dan het ons 'n keuse. Jy kan soos die pasiënt wees wat vasgestel het dat hy ernstige gesondheidsprobleme het. Toe die dokter sy x-strale aan hom wys en voorstel dat die man 'n operasie moet ondergaan, het hy gevra, 'Reg, dokter, maar hoeveel sal dit kos net om die x-strale te verbeter?' Of, jy kan besluit om te verander!

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348