Wat is jou benadering tot mense?
Daar word vertel dat die eertydse Britse Eerste Ministers William Gladstone en Benjamin Disraeli groot leiers maar verbete teenstanders was. Gladstone, die leier van die Liberale Party, word deur baie mense beskou as die verpersoonliking van die heel beste uit Victoriaanse Engeland. Hy was staatsamptenaar, 'n uitstekende spreker, 'n meester ekonoom, en 'n stoere morele man. Hy het vier keer as Britse Eerste Minister gedien; die enigste mens in die geskiedenis wat hierdie eer te beurt geval het. Brittanje het onder sy leierskap 'n nasionale onderwysstelsel gevestig, parlementêre hervorming deurgevoer en stemreg na baie werkersklas-burgers uitgebrei. Disraeli, wat twee maal Eerste Minister was, se agtergrond was anders. Hy het eers in sy dertigs die politiek betree, en naam gemaak as diplomaat en sosiale hervormer. Hy was die meesterbrein wat Brittanje se aankoop van die Suez Kanaal deurgevoer het.
Albei mans het baie vermag. Die verskil tussen hulle, was hulle benadering tot mense. Die verskil kan die beste gewys word deur die woorde van 'n jong vrou wat op verkillende dae saam met hulle geëet het. Toe sy gevra is wat haar indrukke van hulle was, het sy gesê, 'Toe ek die eetkamer verlaat het nadat ek langs Mnr. Gladstone gesit het, het ek gedink hy is die slimste man in Engeland. Maar nadat ek langs Mnr. Disraeli gesit het, het ek gedink ek is die slimste vrou in Engeland.' Dis 'n belangrike les. Goeie leiers wen die vertroue en vriendskap van hulle volgelinge deur hulleself op die agtergrond te hou en ander voorop te stel. Hierdie beginsel werk inderdaad vir enigiemand. Die Bybel sê daarom, '... mekaar met respek te hanteer.' (Romeine 12:10 NLV).
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















