Werk aan jou huwelik

William Bennett1412'n Voormalige Amerikaanse Minister van Onderwys, William Bennett, het 'n hedendaagse huweliksplegtigheid bygewoon waartydens die bruidspaar belowe het om bymekaar te bly, 'Solank as die liefde hou.' Bennett het gesê dat hy sommer papierborde as geskenk gestuur het, want die huwelik het geen kans nie! As jy 'n sterk huwelik wil bou, moet jy op die volgende vier aspekte konsentreer: 1) Neem self verantwoordelikheid vir jou geluk. Dis maklik om jou lewensmaat te blameer, dan hoef jy jouself nie in die oë te kyk, of jou optrede te verander nie. Dit werk egter nie! Geluk kan net van binne kom, en wel van 'n gesonde selfbeeld en 'n groeiende verhouding met God.

2) Wees 'n vriend. Het jy al ooit gemerk hoe maklik ons ons vriende met al hulle tekortkominge aanvaar, maar dit tog nie met ons huweliksmaats kan doen nie? Pasop! Verdien jou lewensmaat nie minstens dieselfde respek, lojaliteit, geduld, dankbaarheid en waardering wat jy so maklik aan ander mense gee nie?
3) Streef na dieselfde doelwit. Daar is altyd iets om voor te beplan en waarheen julle kan werk. Saam beplan en saamwerk versterk julle verhouding. Wat is julle doelwit?
4) Wees moedig. Dokter Theodore Rubin sê, 'Die probleem is nie dat daar struikelblokke is nie, dis om iets anders te verwag; dis om te dink dat om probleme te hê die probleem is!' Die lewe is nie eens naastenby perfek nie. Jy het moed nodig om alles wat na jou kant kom die hoof te bied. Jy moet besef dat dit wat jy nie kan oplos nie, jy wel kan oor-lewe en oor liefhê. Begin dus vandag aan jou huwelik werk!

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348