Vier die koms van Christus elke dag!

babyJesus2301Iemand het die Kersversierings weggepak en ontdek dat die baba-figuur van Jesus weg is. Toe sy haar vierjarige vra of hy weet waar dit is, het hy ja gesê, maar dat die baba Jesus nie wil hê hy moet sê waar dit is nie. Toe die ma vra waarom dan nie, het die kind geantwoord, 'Want Hy wil nie saam met die versierings gebêre word nie.'

Wysheid uit die mond van die suigeling! Jesus het gesê: 1) 'Ek het gekom om die ware bedoeling van God se wet te laat uitkom' (Matteus 5:17 NLV). 'n Lied lui (vertaal): 'Die Skepper van die heelal, as man vir man, is 'n vloek gemaak. Die eise van die wette wat Hy gemaak het, het Hy betaal, tot die uiterste toe.' Totale dekking! Hy het vir al jou sondes op Golgota betaal. 2) '..die Seun van die Mens, het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien' (Matteus 20:28).

'n Ma het gevra: '"In u koninkryk, mag my twee seuns regs en links van U sit?"' (Matteus 20:21 NLV). Dit gaan om diens, het Hy geantwoord. 3) 'Ek moet die Goeie Nuus verkondig' (Lukas 4:43 NLV). Wanneer ons God gehoorsaam, 'verkondig' ons wat dit beteken om 'n burger van Sy Koninkryk te wees. 4) '...die Seun van die Mens het gekom om wat verlore is, te soek en te red.' (Lukas 19:10 NLV). Dink hoe jy sou voel as 'n kennis, kollega, vriend in die hemel vir jou sou sê, 'Hoekom het jy my nooit gesê nie?' Hou hierdie vier dinge in gedagte en jy sal elke dag Sy koms vier!

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348