Lofbetuiging in die begin

2012-01-24 165740Ons lees, 'Al die mense het daarna hard uitgeroep terwyl hulle die Here geloof het omdat die fondasie van die Here se tempel gelê is' Hoekom moet ons die Here aan die begin van iets prys?

Eerstens, omdat lofprysing 'n geloofsdaad is. Dit betuig, 'Here, wat U begin, voltooi U. Dankie dat U U plan aan my gee, want U plan seëvier altyd. Sommige mense dink dat ek gaan misluk, maar ek sal tog slaag met U aan my kant. Ek doen dit nie vir myself nie, maar vir U en met U.'

Tweedens, omdat lofprysing jou versterk. Nehemia het aan sy werkers gesê, '"want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!"' (Nehemia 8:10).

Jy verloor jou krag wanneer jy jou vreugde verloor. Wanneer jy jou krag verloor, verloor jy jou vermoë om die vyand te oorwin. Wanneer jy jou vermoë om die vyand te oorwin, verloor het, is jy verslaan. Wanneer jy egter die Here prys, selfs vir die klein begin, sal Sy vreugde jou versterk sodat dit makliker word om die taak te voltooi. As jy God slegs sou prys wanneer dinge voor die wind gaan, sal jy nie eintlik veel kan lofprys nie, sal jy nie vreugde ondervind nie en sal jy kragteloos wees. Derdens, omdat lofprysing jou omgewing verander. Dink aan kruiwaens, sementmengers, 'n onvoltooide muur, en mense wat te midde daarvan lofprysing aan God uitskreeu. Dis wat gebeur wanneer jy na lofmusiek of 'n Christelike radiostasie luister; jou probleme verander nie noodwendig nie, jou gesindheid wel.

Eenvoudig gestel: as jy God selfs aan die begin prys en dank, werk jy beter en word die werk afgehandel!

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348