Voel jy soos 'n slagoffer?

2012-01-26 145044As jy sat is daarvan om soos 'n slagoffer te voel, lees die volgende: 'Ek wil nie meer so voel nie. Ek het gedink ek sou beter voel as my seer hulle lewens raak. Ek het nie. Ek het gedink ek sou beter voel deur hulle gedurig daaraan te herinner. Ek het nie. Ek het gedink om aan almal te sê wat hulle aan my gedoen het, my beter sou laat voel. Dit het nie; ek het vriende verloor en my seer brandend gehou. Ek het gedink as hulle net sou erken hoe verkeerd hulle was, ek beter sou voel.

Hulle het nie, dus het ek net slegter gevoel. Ek het gedink as ek net kon verstaan waarom ek in sulke verhoudings betrokke raak, ek beter sou voel. Ek het boeke gelees en met terapeute gepraat. Dit het ook nie gehelp nie, want ek het net ander kwessies ontdek wat ek nie kon hanteer nie. Ek het gedink dat tyd die wonde sou heel. Dit het gehelp, maar nie gesond gemaak nie. Ek het gedink ek sou beter voel deur te verhuis en 'n ander pos te aanvaar. Ek het nie; slegs my adres het verander, nie my innerlike nie.

Uiteindelik het ek twee dinge gevind wat gehelp het - ook nie oornag nie, maar geleidelik soos ek my daarop toegespits het. Eerstens, ek het besluit om te vergewe, aanhoudend, totdat die verlede my nie meer kon beheer nie. Tweedens, ek het na God geroep, "Bring my terug en herstel my." Hy het. My troebel insig het verhelder en my gebroke hart het herstel. Waarom? Want, uiteindelik, het herstel soveel meer vir my ingehou as om 'n slagoffer te bly.'

Bron : Radiokansel

 

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348