'n Beter toekoms
Die Chinese gebruik 'n interessante simbool vir die begrip 'krisis'; dit verteenwoordig sowel gevaar as geleentheid. Wanneer baie op die spel is en die resultaat boonop onseker is, kan doelgerigtheid uit die pyn te voorskyn kom soos wat skoonheid uit verdriet kan ontstaan. Ware genesing kan egter nie plaasvind nie voordat jy die feite in die oë gekyk en uiting aan jou pyn gegee het. Dit beteken dat jy soos Dawid met God moet praat. 'Hoe lank moet ek elke dag deurbring met droefheid in my hart?' (Psalm 13:3).
Net soos die oopsteek van 'n sweer die eerste noodsaaklike stap na genesing is, is om die waarheid te erken die eerste tree na volkome genesing. Diegene wat deur 'n krisis groei, leer watter verwagtinge, drome en hoop deur die gebeurtenis verpletter is. Hulle kan bepaal waar herstelwerk nodig is en daarna 'n padkaart vir die toekoms uitwerk. Jy mag miskien aanvanklik voel asof 'niks ooit weer dieselfde sal wees nie'. Dis normaal. Jy sal aanpassings moet maak, want 'n krisis kan 'n mens se wêreld totaal omkeer. Dit dwing jou egter ook om diep in jou binneste verborge krag te vind wat jy nie eens geweet het daar is nie. Jy mag daardie innerlike krag miskien nie vandag nodig hê nie, maar dit beteken nie dis nie beskikbaar nie. As jy egter vandag swak en hulpeloos voel, kan jy krag put uit die Een wat almagtig is. 'Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God...Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting.' (Psalm 18:3). Erken dit. Vind God daarin. Volg Hom. Hy bied aan jou 'n baie beter toekoms.
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















