Maak Jesus deel van jou dag

presence2901In sy boek The Practice of the Presence of God stel die Franse monnik, Broer Lawrence voor dat ons voortdurend kort eenvoudige gebede gebruik om met God te gesels, eerder as lang, ingewikkelde gebede. Hy sê dat dwalende gedagtes in bedwang gehou en fokus verskerp kan word op die volgende wyse, 'Ek beveel aan dat jy nie baie woorde in jou gebede gebruik nie, want lang gesprekke lei dikwels na ompaaie.' Watter insig!

In die era van aandagafleibaarheidsindroom werk hierdie eeu oue voorstel steeds: hou dit eenvoudig. Paulus skryf, 'Moenie ophou bid nie.' (1 Tessalonisense 5:17). 'Maar hoe kan ek dit doen?' vra jy. Een manier is om soos vele groot geestelikes deur die eeue 'asem gebede' te gebruik. Jy kies 'n eenvoudige frase wat in een asemteug herhaal kan word: 'Here, U is met my'; 'Ek maak staat op U'; 'Ek wil U beter leer ken'; 'Help my om meer te vertrou'. Jy kan ook kort Bybeltekste gebruik: 'Vir my is die lewe Christus'; 'U sal my nooit verlaat nie'; 'U voorsien in al my behoeftes'. Herhaal hierdie frases totdat hulle deel van jou wese word en deur jou gesindheid en optrede weerspieël word. Dis 'n vaardigheid, 'n gewoonte wat jy kan ontwikkel. Jy kan jouself leer om op verskillende tye van die dag aan God te dink - nes musici hulle toonlere elke dag moet oefen om beter te kan speel. 'Maar ek voel soms nie die teenwoordigheid van God nie,' sê jy. As jy na 'n emosionele belewenis op soek is, tas jy totaal mis. Jou doelwit is die voortdurende wete dat God altyd met jou is, nie 'n vlietende gevoel nie!

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348