Word God se vriend - 2

2012-02-04 185905Dawid het bo alles daarna gestreef om God te leer ken. Hy het woorde soos verlang, smag, dors, en honger gebruik. 'Een ding vra ek van die Here: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe...' (Psalm 27:4). Ook, 'U troue liefde is beter as die lewe' (Psalm 63:4). Jakob se begeerte was so intens dat hy die hele nag lank met God gestoei het en toe teen dagbreek gesê het, '"Ek sal jou nie laat gaan nie tensy jy my seën"' (Genesis 32:26).

Die wonderlike van die verhaal is dat die Almagtige God Jakob toegelaat het om te wen. Hoekom? Want om te stoei beteken om persoonlike kontak met die ander persoon te maak; stoei bring ons naby aan Hom. Paulus was ook hartstogtelik oor sy vriendskap met God: '...kan ek Christus persoonlik ken.' (Filippense 3:10). Jy sê, 'Ek wil graag 'n dieper verhouding met God hê, maar ek is so besig.' Die waarheid is dat jy so naby aan God is as wat jy wil wees en wat jy jouself dissiplineer om te wees! Vriendskap met God moet jou hartsbegeerte wees. Jy moet aktief daarna streef. Dit beteken om vrae soos die volgende te beantwoord, 'Het dit vir my meer waarde as enigiets anders? Sal ek ander dinge daarvoor opgee? Is dit die moeite werd om die nodige gewoontes en vaardighede wat dit vereis, aan te leer? Is ek gewillig om te sê, 'Here, bowe alles wil ek U ken'?' God se antwoord op hierdie gebed was nog altyd: '"As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind."' (Jeremiah 29:13 NLV).
Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348