Reik na ander
Ons weet hoe om te gee, maar nie altyd hoe om te ontvang nie, dus verloor ons geleenthede om ons volle potensiaal te bereik. Iemand wat nou binne jou bereik is, is bewus van iets wat jy moet weet, maar nooit op jou eie sal kan uitvind nie. Beweeg nader aan ander en put uit hulle. Trots hou ons swak en swak mense kan nie na ander reik nie. Moses het gevra, '"Waarom het U my met hierdie volk opgesaal?"' God beveel toe, '"Maak uit die ouer mans 70 mans bymekaar van wie jy weet dat hulle die leiers is. Ek sal my Gees wat in jou woon ook in hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou verantwoordelik wees vir die volk."' (Numeri 11:16-17).
'n Koerant het berig oor 'n vrou wat agter die stuurwiel aan die slaap geraak en deur die veiligheidsrelings van die pad gebars het. Die motor het 18 meter bo die afgrond aan 'n draadjie gehang. Motoriste het haar te hulp gesnel en toue aan die agterkant van die motor vasgebind en daaraan vasgeklou totdat die nooddiens opgedaag het. 'n Leer is gebruik om die motor te stabiliseer terwyl die motor aan die insleeptrok vasgeketting is. Elke keer wat die motor effens beweeg het, het die arme vrou gegil. Dit het langer as twee uur geduur vir verbygangers, die snelwegpatrollie, insleeptrokke en brandweer - omtrent 25 mense - om haar na veiligheid te sleep. 'n Offisier het later vertel, 'Dit was so eienaardig. Sy het bly skree, "Ek kan dit self doen!"' Is jy miskien ook so? As jy die beste wat God aanbied, wil geniet, moet jy na ander reik!
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















