Neem die eerste tree
Jesus het 'n verlamde man wat al vir 38 jaar op genesing gewag het by die Bad van Betesda opgemerk. Dis 'n lang tyd en baie mense sou tou opgegooi het. 'Hy vra hom toe: "Wil jy graag gesond word?" [Hy] het geantwoord: "...ek het niemand naby my om my in die waterbad te tel nie; en terwyl ek nog naderkom, gaan iemand anders voor my in." Jesus sê toe vir hom: "Staan nou op, tel jou slaapmatjie op en loop!" (verse 6-8).
Is jy 'n slagoffer van jou omstandighede? Wendy Blight vertel, 'Ek het so geleef vir 'n dekade. Op 21 is ek deur 'n gemaskerde vreemdeling in my woonstel verkrag. Ek het pas my universiteitskursus voltooi met lof geslaag, aan 'n wonderlike man verloof geraak en is 'n fantastiese pos aangebied. Die aanval het my verpletter. Ek was vasgevang in 'n tronk van angs en wanhoop. Toe het ek Christus gevind. Sy woorde het my siel deurboor. Ek was daardie man op die slaapmatjie gewoond aan my plek van hartseer, ek was vasgevang as 'n slagoffer. Die Bybel sê, 'Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop' (Hebreërs 4:12) en die woorde het my getref. Ek het besef ek sou die eerste tree moes gee. Ek het my vrees, bejammering en leed laat vaar. Ek het geleer dat God 'n plan vir my lewe en 'n doel met my pyn het. Ek sou dit egter nooit kon raaksien nie, totdat ek die moed het om op te staan.
As jy op die slaapmatjie is maak God se Woord oop. Laat Hom toe om te praat oor hoop en genesing. Voordat jy kan opstaan, moet jy jou vrees, pyn en wanhoop aan Hom oorgee.
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















