Littekens

scar150212Die klassieke Griekse verhaal van die rondreise van Odysseus vertel dat toe hy, as 'n ou man vermom, tuiskom, sy gesin hom nie herken het nie. Toe merk die kinderoppasser 'n litteken op wat sy uit sy kleuterjare onthou. Tot op daardie oomblik het selfs sy hom nie herken nie. Toe Tomas hoor dat Jesus lewe, het hy gesê; "As ek nie my vinger in die spykermerke steek nie, sal ek nooit glo nie"

Jesus se littekens was die onomstootlike bewys dat Hy gekruisig is, maar opgestaan het. Toe Tomas die spykermerke self sien, het hy uitgeroep, '"My Here en my God!"' (vers 28). Dit was die eerste keer dat 'n dissipel Jesus as God aanspreek.

Dokter Will Willimon vertel, 'Ek het 'n vriend wat in 'n kinderhuis grootgeword het. Sy ma het hom as kind daar gelos, gesê dat sy sou terugkeer, maar het nooit opgedaag nie. Hy is nou middeljarig. Eendag was ek laat vir 'n middagete-afspraak toe ek by die restaurant kom, was hy hewig ontsteld. Hy het verduidelik, "Ek kan dit nie verhelp nie. Ek raak van my wysie af wanneer 'n vriend laat is, want my ma het my laat wag en nooit teruggekom nie." Hy was 'n volwassene maar die littekens was steeds daar. Jy dra ook sigbare en onsigbare littekens, ook die wat met die ouderdom al meer sigbaar word. Die Opgestane Christus het ook littekens - bewys van Sy liefde vir jou.

Indien jy Hom nie ken nie, of soos Tomas nie seker is of jy glo nie, sal Hy sy littekens aan jou wys '... sodat julle moet glo en deur aan te hou glo, die lewe kan hê in sy Naam' (Johannes 20:31).

Bron : Radiokansel

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348