Vyf onomstootlike bewyse vir die Opstanding

bench1702In die tyd van Jesus was dit die gebruik dat 'n skrynwerker sy hande sou was en aan 'n linnelap afdroog, die lap vou en op sy werk plaas om te wys dat die werk voltooi is. Die lap was die vakman se handelsmerk. Op Paassondag het Petrus in die graf '...die linnedoeke [gesien] ook die kopdoek wat om Jesus se kop was, eenkant opgerol' (Johannes 20:6-8). Wetenskaplikes glo dat afdoende bewys verkry word wanneer dieselfde eksperiment oor en oor herhaal en dieselfde uitslag verkry word. Hier volg vyf onweerlegbare bewyse dat Jesus uit die dood opgestaan het.

Eerstens, Maria Magdalena het hom ontmoet. Tweedens, die vroue by die graf het Hom gesien. Derdens, die dissipels het met Hom gepraat. Vierdens, die apostels het Hom ontmoet. Laastens, 500 mense het Hom tegelyk gesien. '...het Hy aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe.' Christus se opstanding is die basis van ons redding en die hoop vir ons ewigheid (Romeine 10:9-10). Paulus skryf, '...dat Christus vir ons sondes gesterf het, begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf. Daarna het Hy aan meer as 500 volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels. Heel laaste ook aan my' (1 Korintiërs 15:3-8).

Tydens die vertoning van 'n film oor die dood van Jesus het 'n seuntjie uitgeroep, 'Moenie bekommer nie. Hy staan weer op. Ek het die film voorheen gesien!' Wees bly want Jesus het waarlik opgestaan!

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348