Lewe tussen die treë

base2002Daar is die inherente gevaar in die stel van doelwitte dat ons maklik glo ons kan slegs gelukkig wees wanneer ons eendag die doelwitte bereik het. Ons sê 'Wanneer ek my kwalifikasie behaal, trou, kinders kry, my eie huis besit...', dus stel ons aanhoudend ons lewe uit.

'n Professor is genooi om 'n praatjie by 'n militêre basis te lewer. Hy het 'n soldaat, Ralph, op die lughawe ontmoet. Hulle het saam na die bagasie-vervoerband gestap, maar Ralph het kort-kort verdwyn, een keer om 'n ou dame te help, een keer om vliegtuie aan twee kleuters te wys, en een keer om padaanwysings aan iemand te gee.

Hy het elke keer met 'n groot glimlag op sy gesig teruggekom. 'Waar het jy geleer om so op te tree?' het die professor gevra. 'O, seker gedurende die oorlog' het Ralph geantwoord. Toe het hy van sy laaste diensbeurt in die oorlogsgebied vertel. Dit was sy taak om landmyne op te spoor, en hy moes toekyk hoedat sy kollegas een na die ander opgeblaas word. 'Ek het geleer om tussen die treë te leef,' het hy gesê. 'Ek kon nooit weet of die volgende tree my laaste sou wees nie, dus het ek geleer om alles te put uit die oomblik vandat ek my voet opgelig totdat ek dit weer neergesit her. Elke tree wat ek gegee het, was 'n hele nuwe wêreld, en ek neem aan dat ek sedertdien op die manier lewe.' Ralph was reg! Ten einde die meeste uit die lewe te put, moet ons die voorskrif nakom: 'Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.'

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348