Lewe tussen die treë
Daar is die inherente gevaar in die stel van doelwitte dat ons maklik glo ons kan slegs gelukkig wees wanneer ons eendag die doelwitte bereik het. Ons sê 'Wanneer ek my kwalifikasie behaal, trou, kinders kry, my eie huis besit...', dus stel ons aanhoudend ons lewe uit.
'n Professor is genooi om 'n praatjie by 'n militêre basis te lewer. Hy het 'n soldaat, Ralph, op die lughawe ontmoet. Hulle het saam na die bagasie-vervoerband gestap, maar Ralph het kort-kort verdwyn, een keer om 'n ou dame te help, een keer om vliegtuie aan twee kleuters te wys, en een keer om padaanwysings aan iemand te gee.
Hy het elke keer met 'n groot glimlag op sy gesig teruggekom. 'Waar het jy geleer om so op te tree?' het die professor gevra. 'O, seker gedurende die oorlog' het Ralph geantwoord. Toe het hy van sy laaste diensbeurt in die oorlogsgebied vertel. Dit was sy taak om landmyne op te spoor, en hy moes toekyk hoedat sy kollegas een na die ander opgeblaas word. 'Ek het geleer om tussen die treë te leef,' het hy gesê. 'Ek kon nooit weet of die volgende tree my laaste sou wees nie, dus het ek geleer om alles te put uit die oomblik vandat ek my voet opgelig totdat ek dit weer neergesit her. Elke tree wat ek gegee het, was 'n hele nuwe wêreld, en ek neem aan dat ek sedertdien op die manier lewe.' Ralph was reg! Ten einde die meeste uit die lewe te put, moet ons die voorskrif nakom: 'Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.'
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















