Dien 'met blydskap'
Alles wat jy uit die Here se hand ontvang, is 'n geskenk om te geniet, maar ook 'n saadjie om te kweek. Het jy goeie opleiding? Leierseienskappe? Meer geld as wat jy vir jou behoeftes nodig het? God het hierdie 'sade' aan jou gegee om te vertroetel. Daar is basies drie tipes mense: diegene wat nie kan nie, of weier om die probleem raak te sien; diegene wat dit wel raaksien, maar tevrede is om die oplossing aan ander oor te laat omdat hulle dit nie veroorsaak het nie; diegene wat die probleem raaksien en ten spyte daarvan dat hulle nie die oorsaak is nie, gewillig is om dit aan te spreek.
Hudson Taylor, stigter van die China Inland Mission, het gesê, 'Ek het gewoonlik aan God gevra om my te help. Toe het ek gevra of ek Hom mag help. Uiteindelik het ek gevra dat Hy Sy werk deur my doen.' Wanneer jy waarlik glo dat diens God is wat deur jou werk, sal jy begryp dat die hoogste roeping naastediens is. Die kunshart pionier, Dokter William DeVries, leef so. Hy sal selfs Sondae by die hospitaal opdaag net om sy mismoedige pasiënte op te beur. Hy skroom nie om self verbande om te ruil nie, en maak tyd om na sy pasiënte te luister. Hy het die gewoonte om cowboystewels onder sy teaterklere te dra en maak harte gesond op die maat van Vivaldi se musiek. 'Hy het altyd 'n glimlag gereed en wag net vir die geleentheid om dit te gebruik' sê 'n vriend. 'Aankom' is nie 'n plek waar jy bedien word nie, maar waar jy ander 'met blydskap' dien.
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















