Johann's Blog

Lewenslesse

skaal1208Ek het ‘n paar goedjies langs die pad geleer.

‘n Skaal het ‘n maksimum gewig wat hy kan dra.

Wanneer jy ysies in die bed lê en suig, moet nie die TV se afstandbeheer langs die ysie neersit nie.

Die petrolliggie in jou motor het ‘n doel.

As die kat wil uitgaan is daar gewoonlik ‘n goeie rede hoekom.

Die lem in die guillotine is skerp vir ‘n spesifieke doel.

“No problem china” beteken nie noodwendig daar is nie ‘n probleem nie.

‘n Potplant moet af en toe water kry.

Read more...

Die groter prentjie

googleEarth1008As jy al vantevore op die internet gekyk het na Google Earth of selfs Google se Street View funksie, dan sou jy seker soos ek ook verbaas gestaan het oor wat die sagteware jou alles bied. Eweskielik is die hele wêreld binne bereik vanuit jou rekenaar.

Die afgelope week terwyl ons besig was met ‘n nuwe webwerf funksie om ‘n perseel se roeteaanwysings te skep, het ek so vanuit die perseel verder uitbeweeg. Die buurt was later daar, toe die stad, toe die provinsie, later net Suid Afrika en op die ou einde die hele wêreld wat oorgebly het. Die aanwyser waar die perseel is, was nog op sy plek en ek het net weer my kop geskud oor hoe klein die mens eintlik is. Hoe nietig en kwesbaar.

Ek dink aan God se Woord waar Hy sê dat hy selfs weet van elke haar op ons kop. Dit laat my net weer besef hoe groot God regtig is. Daar is niks of niemand wat ons kan ruk uit Sy liefdevolle hand. Hy het alles onder beheer en weet van alles. Ons kan met vrymoedigheid na Hom gaan.

“Vader, hoe groot is U! Dankie dat U nooit slaap of sluimer nie. Dankie dat ek veilig is by U. Amen”

Johann de Jager (www.ministriesworldwide.net)

Nors mannetjies

black-ants0308Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet ek nog minder. Pleks daarvan dat wanneer hy op my tafel beland, sy plig kom uitvoer of “what ever” hy ook al moet doen, drentel hy soos ‘n beer met ‘n seer tand. Of nee, hy lyk eerder soos ‘n oorgewig meerkat in die oggendson.

Read more...

More Articles...

Search this website

CUM Books (Latest)

Vra God te veel?

vra god te veelBraam Hanekom bied in Vra God te veel? ’n verruimende gelowige perspektief oor 40 uiteenlopende aktuele kwessies, van die politiek tot klimaatsverandering. Dit rus elke leser toe om nuut te kyk na die wêreld om ons en werklik ’n verskil te maak waar ons leef. (docLees meer)

 
Die Storie

die storieOntdek die verhaal van die Bybel soos wat jy dit nog nooit vantevore gelees het nie. Die Storie is die volledige verhaal in die Bybel, van Genesis tot Openbaring, saamgevat in 31 hoofstukke. Uittreksels uit die Skrif is in ’n chronologiese verhaal saam­geweef. (docLees meer)

 
Jesus Radical, Righteous, Relevant

radicalJesus Radical, Righteous, Relevant is an essential read to all Christians. Stephan Joubert provides readers with insight into where they belong in God’s kingdom and places Jesus in center position in the church (docRead more)

 
Geloofskatte in Hebreërs

9781770009509Adrio König fokus in Geloofskatte in Hebreërs op die breër perspektiewe van die Hebreërbrief. König dring deur tot kernsake van Hebreërs soos: Waarom is Hebreërs geskryf en watter groot geloofsake en -probleme word bespreek? Die 7 studies help gelowiges om die hooftemas van die brief in die oog te hou en in verband te bring met die lyne in die res van die Skrif. (docLees meer)

 

Ministry links

tehillah2207

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1323855269

1323861593