050505

Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek myself n paar dae kans gee. Wanneer ek dan teruggaan is dit asof mens met nuwe oë kyk na iets, jy beter kan skep en meer kreatief is. En aan die anderkant, soos mens maar jou programmatuur beter leer ken kan jy net nog meer skeppend word met tyd.

Wel so sit ek mos toe en skep en ek besef die logo pla. Ek sukkel met die datum, dis so asof dit nêrens wil pas nie, dan skuif ek dit hiernatoe, dan daarnatoe, dan op hierdie lyn, dan agter daardie lyn. Ek is nou nie heeltemal seker nie, maar ek vermoed ek het gesien hoe die syfertjies hulle kop begin skud in ongeloof. Kan hierdie ou nie sy mind opmaak nie glo ek, wil hulle amper al skreeu.  Ek bring vir hulle maatjies, ek vat weer die maatjies weg. (Ek dink ek hoor hoe een sê: “Thats it, I give up – I’ve had it!” Hulle praat Engels want Coreldraw (die grafiese program wat ek gebruik) is in Engels. Natuurlik met ‘n Amerikaanse aksent daarby...

Dis toe ek besluit: Basta Hulle moet op die logo kom daar regs bo en klaar. (Dalk het ek myself kreatiewelik uitgebrand) Ek verander die datum. 05/05/05.

05/05/05 Meteens besef ek hierdie kombinasie sal hom nooit weer herhaal nie, dis net een keer per jaar dat so iets kan gebeur. Dis verby, ek kan dit nie weer verander nie. Ek dink aan soveel finaliteite wat kom in ons lewens, kanse wat verbrou word en jy nooit weer die kans kry om reg te maak nie. Daardie een keer wat jy nog ongesond eet, die hartaanval wat jy kry en dis verby, daardie een keer wat jy nog n kans vat en dis verby.

Terwyl ek hier sit en tik en jy daar sit en lees, besef ek dat ons nog n kans het, ons kan nog regmaak, goed doen aan ‘n ander, lewe saai met woorde. Ek kan dalk nog die telefoon optel en dinge uitsorteer, wie weet wat nog. Kom ek en jy leef vandag met n gesindheid wat n verskil maak.

Johann (2005)

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348