Ek glo in God - dit maak van my ‘n Christen

Jesus_n_radikale_sprongMense sê hulle glo in God. Dit maak dan van hulle Christene, reg ? Die Bybel sê die Duiwel en sy tjommies (demone) glo ook, nou hoe dan nou?

Die Bybel gaan verder deur te sê, hulle glo nie net ook nie, maar hulle sidder. (In ons aangepaste taal, hulle kry die shakes, ritteltits, kap 'n depro ens).

Hoekom?  - want hulle weet wat hulle lot gaan wees. Hulle het God se teenwoordigheid al beleef, hulle sien wat God doen elke dag. Die Duiwel is derhalwe ook gelowig!

Kan ek dan die vraag vra:

  • Om net aan Jesus te glo, is dit genoeg?
  • Is glo aan God al wat ons nodig het om as "Christen" te lewe?   Indien nie, wat is dan ook nodig?
  • Waar pas "glo" dan in?

Kan ek regtig staatmaak op slegs "glo" ?

Nee ons kan nie. Dit laat my aan die storie dink waar 'n tannie 'n "reverend" aangevat het oor hierdie onderwerp dat glo genoeg is om 'n Christen te wees.

Sy antwoord aan haar was :

“Beteken dit as iemand aan kommunisme glo dit van hom 'n kommunis maak?” – “Ja” was haar antwoord.

“Beteken dit dat indien iemand aan Hindoeïsme (hoop die spelling is reg) glo maak dit van hom 'n Hindoe?” – “Ja” was haar antwoord.

“So as iemand aan Jesus glo, maak dit van hom 'n Christen?” – “Ja” was haar antwoord.

“Dan beteken dit” sê hy, “as iemand aan die huwelik glo, kan ek nou verklaar dat hy getroud is?”

Om Christen te wees is soveel meer as net die glo in Hom. Dit is 'n lewe om onder Sy heerskappy te kom (wat exciting is!).

As ek jou vra is die hemel 'n lekker plek, sal jy waarskynlik sê "Ja". Wel die Here sê, hy wil nou al vir jou die hemel op aarde gee. Lekker nê?

Wat beteken dit? Jesus wil nou al jou lewe inrig sodat jy nie meer bekommernisse het nie, Hy wil nou al hê dat jy nie meer sal stres nie.

Verbeel jou (eintlik sleg om te sê verbeel jou - probeer dit indink - sjoe!) dat jy elke aand gaan slaap en jy het vrede, jy is worry-vry.

Jy sien uit na more. Jy het nie probleme nie. Vandag was fantasties. Jy hoef nie jou gedagtes af te lei nie om nie op jou senuwees te raak oor 'n issue nie.  Jy is vergenoegd. In jou verhouding met iemand is daar geen konflik nie. Jy is nie negatief nie, jy is nie pessimisties nie, jy lewe man! (Wow, kan dit lekker wees? Vir seker! Wag ek het nog iets. Wat daarvan dat alles waarvoor jy vra kry jy?

Klink dit of ek die name-it-and-claim-it beginsel toepas? Nee, ek verwys maar net na dit wat ek al in die Bybel gelees het en wat ek weet waar is.)

Daar is niks wat jou jaag nie. (wat jaag jou nou daar waar jy sit - wat wil jou nie los nie?) Luister mooi en moet nie verder lees voordat jy nie eers stilgestaan het by hierdie gedagte nie!

Wat jaag jou?

Jy “suffer” so in stilte, so 'n lekker glimlag, maar aan die binnekant is jy stukkend. Jesus sien dit raak en Hy weet daarvan beter as enige iemand anders.

Al wat jy nodig het is om Hom deel te maak daarvan, om hierdie vir Hom te kan gee. Jesus is al wat jy nodig het, om Sy genesing te ervaar en Sy vrymaking te beleef, en te LEWE.

Die Woord sê in Romeine 10:9-11 "Elkeen wat in Hom glo, sal nie teleurgestel word nie". Hierdie geloof is nie net glo nie, want hierdie gedeelte sê ook as volg. "As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word. Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot verlossing.

Want die skrif sê; Elkeen wat in Hom glo sal nie beskaamd (teleurgestel) word nie." Vers 13. "Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word."

As jy smag na dit wat ek hiebo genoem het dan sê Jesus nou vir jou "As iemand (jy) dors het, laat hom na My toe kom en drink!. Hy wat in My glo, soos die skrif sê, “strome van lewende water sal uit sy binneste vloei" - Johannes 7: 37-38

As jy nog nie lewe nie – maak daardie keuse vandag.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348