Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste keer dat ek my hande aan 'n motor se stuurwiel sit, wat nog te sê my eerste parkering. Ek kon net sowel my motor se stuurwiel gelos het - ek dink hy het bestuur, ek was net die passasier, of so het dit gevoel.

Ek maak 'n skoon breek en jaag om my eie parkeerplek te identifiseer, aan die anderkant van die pad. Ek is egter te laat. Security Galore Services is laaaankal reeds op sy plek en ek kan al weer nie bestuur nie...

Hy begroet my met 'n breë glimlag toe ek uitklim. (Miskien was dit 'n interne gebaar aan homself : "so maklik kom jy nie weg nie")

"Nee dankie, Jesus sal sommer my kar oppas" is my geïrriteerde antwoord op die aanbied van sy dienste.

"Ek is ook maar hier rond", laat wag hy nie op homself nie.

Ek en Zelda skreeu histeries van die lag. Miskien is dit die droeë manier hoe hy dit gestel het.

Afgesien van die snaakse manier van hoe hy dit gesê het is dit juis dalk een van ons grootste probleme as Christene. Ons is ook maar hier rond en kyk uit vir onsself, net ingeval die Here dit nie volgens ons verwagtinge doen nie. So amper of ons 'n veiligheidsnet wil uithou vir net ingeval.

Laat los jou planne en aanvaar dat Jesus net die beste intensies het. Draai eerder keer op keer jou vrese in afhanklikheid na Hom. Laat Hy jou gerusstel en jou vorm in 'n ambassadeur vir Sy Koningkryk. Ons lewe op aarde is niks in vergelyking met die lewe wat vir ons saam met Hom wag nie.

"Let go and let God"

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348