Jy moet net êrens begin

ConnectWithGodDie Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar ontstaan tussen die Pa en sy Kind? Ek dink redelik diep aangesien dit dalk 'n trick question kan wees. Ek beskou alle moontlikhede van alle kante af, maar uiteindelik moet ek erken en tot die gevolgtrekking kom dat daar nie regtig ENIGE verhouding kon gewees het nie. Hoekom nie?, probeer ek myself corner. Want sê ek, daar was nie regtig enige kommunikasie gewees wat die verhouding gestimuleer het nie. Daar was geen geleentheid waar daar 'n regtig 'n twee-gesprek kon gewees het nie.

Dit is vandag ongelukkig ook hoe ons baie keer te werk gaan in ons verhouding met die Here. Ek moet sê as ons hierdie tipe van kommunikasie in 'n huwelik moes inneem sou ek so 'n huwelik maksimum 6 maande gee. (As dit so lank sou gewees het) In teendeel ek dink die voorafgaande verhouding sou 14 dae gehou het. Nou is ons in 'n verhouding met 'n Entiteit, iets waaraan ek nie kan raak nie, nie sommer 'n menslike stem kan hoor nie (behalwe die oortuiging van kommunikasie as 'n donderslag langs jou die grond tref!). Miskien is dit dalk die slagyster waarin ‘n mens onvermydelik trap.

Ek kan onthou as kind in Windhoek (Sub B) het ek elke oggend vir minstens 12 maande elke oggend omtrent op dieselfde plek oppad skool toe gebid vir 'n fiets! Later jare in Villiersdorp, so Std 9 toe my Ma ernstig siek geword het met nierversaking, die smekende gebed elke dag dat my Ma net nie moet sterf nie. Weet jy, die Here het my gebede verhoor, maar ek kon nie deel in die vrede van God nie. Ek kon nie rus vind na waters waar rus was nie. Hoe kon ek as ek dan nie 'n verhouding gehad het met Jesus nie? Wanneer laas het jy spreekwoordelik op Jesus se skoot gesit, in Sy teenwoordigheid Sy vrede ervaar, die gevoel van alles is OK beleef? Die Satan sal ons op enige denkbare manier probeer weghou van God se beloftes, As ons nie 'n keuse maak, die prys bepaal nie, sal ons altyd minkend loop, gebuk onder die probleme en alhoewel God Sy beloftes gestand doen, ons dit met "suffering" beleef en nooit Sy vreugde ervaar nie. Lateraan word ons so lamgelê hierdeur dat dit nie meer juis 'n bargain is om 'n sinvolle verhouding in stand te hou nie. Dan slaan ons terug na roetine (dalk uit skuldgevoel ek kan nie regtig sê nie, maar ek ken die resultaat, ek het dit ook al beleef).

Dink aan ‘n kleintjie wat elke dag die dag aangryp, sy Pa of Ma roer en aan die gang hou. Hulle kuier in die Dieretuin, gaan eet roomys, uitbundig en verspot. Raak soms in die stootkarretjie aan die slaap, die Ma wat gedwee die waentjie stoot. Die kleintjie wat wakker word, en weer laat waai. Later die aand speel hulle in die sitkamer, die Pa op die vloer, die kleintjie bo-oor en anderkant af, 'n gegiggel en gelag. Die kleintjie ervaar nie vrees nie, is vergenoegd, Die kleintjie raak aan die slaap met die volgende gevoel "Hey! wat 'n dag, sien uit na more!!!!"

Terwyl ek die voorlaaste paragraaf skryf en my verlustig in hierdie toneel, sien ek die kind van dieselfde ouderdom, gespanne, verward, bang skaam, verwaarloos eenkant in 'n donkerhoekie, die trane se spore loop in een ry oor die stowwerige wangetjies. Ek sien hierdie kind se oë, groot oopgespêr, onmiskenbaar die duim in die mond, 'n doek of klein handdoekie vasgeklem in die ander los handjie. Die knietjies is opgetrek. Sy het die mooiste krulhaartjies.

Waarnatoe gaan hierdie? Ek weet nie. Ek dink elkeen kan hierdie vir hom/haarself uitpluis waar hy/sy inpas en identifiseer by watter toneel hierdie vir hom/haarself afspeel.

Miskien kan ek afsluit met die volgende.

As jy in toneel 1 inpas, probeer jouself inleef wat mense in toneel 2 moet deurmaak. As jy  jouself met toneel 2 vereenselwig, wil ek jou bemoedig dat daar 'n gelukkiger einde kan wees. Jy moet net êrens begin.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348