Lewendige interaksie

Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe dit by ons gelyk het van al die lekker geseënde reëns. Ek moet sê so met ons terugry die spesifieke Dinsdag hier deur die Suid-Vrystaat het die gras al so hoog gegroei dat die skape op hulle agterpote moes staan om gras te kan vreet... Daar was 'n paar skape wat op miershope geklouter het, eers het ek gedink dat hulle so die gras wou eet, maar toe sou ek sien dat hulle die "Boy Scouts" is wat die pad moes vind. Goed, my verbeelding hardloop vooruit, kom ek stop hier.

flattyre'n Goeie klompie jare gelede het ons een keer 'n papwiel opgetel of opgedoen (Ek wonder nou skielik hoe werk 'n papwiel?) Die kleintjies (soos ek hulle vandag steeds noem) was toe nog regtig klein. Zelka was seker so 4 of 5 jaar oud. Ongelukkig vir my het ek die verkeerde wielgereedskap gehad en was ons gestrand in die nag op die N2 so 40 km anderkant Colesberg aan die Vrystaat se kant. Erge paniek het redelik in my posgevat want niemand het moeite gedoen om te stop en te help nie. Ek kan goed onthou toe Zelka op 'n stadium vanuit die motor en sonder om 'n woord te sê so oor my skouers gestreel het. Op daardie oomblik het die Heilige Gees deur my gespoel en 'n bonatuurlike vrede het oor my gekom. Nie lank daarna nie het 'n vragmotor langs ons gestop en ons was spoedig weer op ons pad.

Die verhouding wat ons met God het, moet nie net geskoei wees op roetine of godsdienstigheid nie. Daar moet 'n lewendige interaksie wees tussen jou en Hom. Verwag groot dinge van Hom. Verwag en aanvaar dat God jou net die beste wil gee, dat Hy aktief betrokke wil wees in jou lewe; deel wil wees van jou lewe.

Aanvaar dat wonderwerke, hoe groot of onverklaarbaar ookal, 'n werklikheid is of kan wees in jou verhouding met Hom.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348