My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in te tree. Baie van julle is daarop - het selfs seker al vergeet dat jy eendag vir my 'n e-pos gestuur het. Maar agter elke naam ontvou 'n prentjie waarvoor ek bid.

Vanoggend val my oog op die plek waar die "cursor" (wat die afrikaans is, die kan ek nie onthou nie) ritmies flikker. Ek wonder hoekom en of dit elke oggend op dieselfde plek oopmaak. Die naam wat op hierdie lyntjie voorkom, is my huwelik.

Ek dink hoe belangrik voorbidding hiervoor is, want dis een plek wat ongelooflik baie beskerm moet word. Hier moet ons nie die vyand vatkans gee nie, want hy laat hom nie twee keer nooi nie.

"Uit verskillende rigtings" bid ek vir my huwelik. Ek bid dat die Here ons huwelik sal  beskerm, dat hy vir Zelda krag sal gee om die dag aan te pak. En meteens besef ek, ek moet ook bid dat die Here my hart sal versag, versag sal hou, dat my hart sal verander as daar iets is wat wat tussen ons kan staan, waarvan ek dalk nie eers bewus mag wees van nie.

My gebed draai van bid vir iemand of iets, na bid vir myself. Dat ek sal verander as daar verandering nodig is, dat my hart sal versag word en versag sal bly, dat ek eerder 'n omgewing van rustigheid en veiligheid sal skep vir my gesin en huwelik waarin beide kan floreer.

Ek besef opnuut dat die oorsprong van soveel onderliggingde negatiewe emosies en aksies sal verander indien ek my hart verander of eerder, toelaat dat die Here dit verander. Nie net sal ek bevry word nie, maar die mense rondom my ook.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348