Oudisie

Sample ImageOns TV-kyktyd word deesdae letterlik oorgeneem deur “realiteits”-programme. As dit nie is vir iemand wat ‘n Idol wil word, of ‘n model, kitsmiljoenêr, of ‘n kamma dit of dat nie, gaan laai hulle ‘n spul ouens af op ‘n eiland en kyk wie kan oorleef.

My kinders sit natuurlik vasgenael voor die Tv soos muggies teen ‘n motor se voorruit. Die probleem van hierdie realiteitsprogramme is dat elke nuwe idee wat uitgedink word, die ander programme moet verbeter. Wat nogal interessant is, is die ongeskiktheid van die beoordeellaars of die aanbieders. Dit wil vir my voorkom hoe meer ongenaakbaar en ongeskik die mense raak hoe meer kykers word gelok. Sonder enige seremonie word verloorders dan ook summier weggewys (eintlik wil ek sê weggejaag!)

Ek dank die Here dat in ons realiteits-lewe daar geen verloorders by Hom is nie. Hy smag daarna om aan elkeen die oorwinnaarskroon te gee, die ewige lewe. Niemand word ooit deur Hom weggewys of “afgeskop” nie.  Inteendeel, Hy het reeds die prys betaal.

Jesus nooi jou ook vir ‘n oudisie vandag met die waarborg dat jy dit sal maak—glo net in Hom.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348