Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe"

Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe.

Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God en aan Jesus, maar ek wil nie 'n Christen wees nie, want Christene is meer van 'n pyn as 'n vreugde. Ek kan nie wat hulle Sondae bely en die res van die week toepas bymekaar uitbring nie."

"As dit is hoe Christene is, wil ek nooit een wees nie."

Sjoe, my hart word sommer seer toe ek van die gesprek vertel word. Onwillekeurig dink ek aan hoe Jesus hierdie meisie sou hanteer het. Sou Hy ooit gedreig het met die hel? Sou Hy ooit dubbele standaarde gehandhaaf het. Ekskuus, ek bedoel om te sê: "Het Hy ooit so iets gedoen?"

Kom te dink daaraan, ek wil ook nie met sulke Christene geassosieer word nie.

Sondag in die manel, Maandag in die hel...

Om jouself die naam van Christen toe te eien, beteken dat jy 'n volgeling is, 'n dissipel, 'n persoon wat sy eie lewe afgelê en as't ware opgestaan het deur krag en nuwe persoonlikheid van Jesus. Iemand wat strewe om soos Jesus te wees.

Maar wat gaan jy vandag waarskynlik waarneem in jou werksopset. "Christene" wat mekaar beskinder, benadeel, veroordeel, op trap en vertrap, wat nog nie alles nie.

Ek weet ek stretch dit bitter vêr. En ek veralgemeen glad nie. Jy krimp dalk ineen as jy jouself in sulke situasies bevind en jy maar net jou kop laat sak.

Ek wil jou net een ding vra: "Sal jy Jesus se Koningkryk op aarde beskerm en vir enige ander persoon insluitende "Christene" wat oor jou pad kom, soos Jesus wees?

You'll make Him so proud!

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348