Skeermes

boy_shavingEk was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap").

"Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê. Hierdie woorde wat my nie net laat goed voel het nie, maar tot aksie oor laat gaan. Ek het eerstens my pa se bed bestyg en dit ingerig tot my smaak en gemak.

Voorts het ek 'n plan van aksie uitgewerk en laat inoefen wat ons in die geval van 'n aanval deur (wat ons toe beskou het as) terroriste (SWAPO het destyds net net begin met hulle offensief). My ma kon maar net haar kop geskud het want ek was op 'n "mission" en 'n atoombom sou my waarskynlik eerder kwaad gemaak het in plaas van tot ander insigte gebring het.

Elke oggend het ek vroeg opgestaan, badkamer toe gegaan en geskeer. Ek moes op 'n stoeltjie staan om myself in die spieël te kan sien. My ma het dit redelik amusant gevind, tot sy een oggend met 'n skok besef het ek speel nie met die skeermes nie, ek skeer my superglad!.

My "manskap" en outoriteit was nie meer daarna dieselfde nie. Ek was gestroop van my rang en senioriteit, ek was nou weer Tolla (my ma se bynaam vir my), nie meer "Meneer de Jager" nie. My posissie in die skool was in gedrang, want ek was nie meer op dieselfde vlak as die onnies wat geskeer het nie, ek was nou weer maar net 'n "oulike" kaalvoet seuntjie wat sy huiswerk moet doen of pakslae kry. Een aand nou onlangs het ek weer 'n angsaanval gehad oor ons toekoms. Nie groot nie, maar tog genoeg om 'n naarkol op die maag te ervaar.

Ek moes oorgaan tot 'n geestelike offensief. Dit was beslis nie die Here wat dit gebring het nie. Ek was moeg en 'n bietjie afgesonder van die Here deur die dag wat in ruil my skilde van geloof beinvloed het. Ek het 'n realiteits "check" gedoen. Het ek rede om so te voel? Het die Here nie vir ons beloftes gegee wat vasstaan in Sy woord nie? Is Hy nie getrou aan Sy eie beloftes nie?

In my stiltetyd die volgende oggend dink ek aan twyfel wat soos 'n man se baard groei. Jy moet hom maar elke dag skeer. En jy moet maar weet dit sal weer groei.

Laat Jesus dan vandag jou skeermes wees. Jy kan verseker weet dat Hy jou glad sal skeer, elke dag.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348