Staan vas!

promised2307‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie, maar wel die medium om onsself te onderhou.

Ek begin wonder of die taak wat ons het nie net tè groot is nie, het ek nie iets afgebyt in 'n oomblik van waansin nie? Ek het nog nooit teruggestaan vir 'n uitdaging nie en miskien is dit 'n swakpunt van my om nie die omvang van sulke goed vooraf te bepaal nie. Wel hierdie keer was dit nie bloot net 'n "side line" nie. "This is the real thing". Dis maak of breek.

Skielik het die slaap my weer begin ontwyk. (Ek weet nie hoekom is slaap so 'n lafaard nie...) Ek het agtergekom ek raak depressief. (Hoekom ontwyk dit my nie eerder nie?) En die heeltyd begin hierdie goed in my kop maal, soms so dat ek my kop wou vasgryp.

Ek lees daardie oggend van die materiaal wat ons gebruik in die pfJ’s. Israel staan op die drumpel om die beloofde land binne te gaan.  Verkenners word uitgestuur (Amper sê ek verkykers...) om die land te gaan verken. Meeste van die ouens kom terug met slegte nuus. "Dis net tè 'n groot taak, ons gaan dit nie maak nie."   Twee ouens (die minderheid) kom terug met "guts" om die land binne te gaan.

Miljoen Israeliete se toekoms is op die spel...

Die dag daarna ontvang ek Max Lucado se oordenking met die tema; "My genade vir jou is genoeg...wanneer jy swak is is Ek sterk".  Toe ek die opskrif sien weet ek die Here is besig om met my te praat. Al vir 2 dae lank.

Waar het wat dan verkeerd begin loop? Dis 'n wettige vraag vir myself. Wat het van my geloof geword? Waar is die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan en oor my hart die wag sal hou.

Ek besef dit is nie God se skuld nie. Ek is maar vir myself te blameer. Ek het toegelaat dat die satan my uitgevang het. Niks "majors" nie, steel hier stiltetyd, trek daar my aandag af. So 'n bietjie van dit, bietjie van dat. Al wat hy eintlik net doen is om die ou natuur net weer 'n "kick-start" te gee. My bron van vrede het leeggeloop en ek het versuim om die nodige aanvulling betyds te doen.

Hierdie twee gedeeltes het my bemoedig, iets nuut gegee om aan vas te hou. Ten minste weet ek die Here is deel van hierdie plan. Alhoewel hierdie wete dieselfde effek het as 'n boom wat sy wortels begin uitskiet is dit lank nog nie geanker nie. Dit vat tyd. Die keuse was weer myne. Wat gaan ek daarmee doen? Ek het bemoediging van die Here ontvang, nuwe perspektief. Of ek daarin gaan groei en sterk raak was eerstens weer 'n wilsbesluit en tweedens, 'n oorgawe sodat God Sy wortels dieper in my hart kan plant.

Besef vandag net een ding. Daar's 'n geestelike oorlog daarbuite aan die gang en dis teen jou gemik, jou lewe, jou siel. Die vyand loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Staan vas in Jesus !

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348