Trek uit jou plakkies

plakkies01‘n Spoggerige motor versnel met mening en ek verlustig my in die pêrre wat onder die motorkap uithaal en wys waartoe hulle in staat is.

Sovêr as wat ek loop is die grasperke kurkdroog.

“So what has this got to do with this story?”

“Plenty, Boet, plenty!”

Feit van die saak is, my voete kramp binne die plakkies wat voel of hulle ‘n ton elk weeg. Wie het plakkies in elkgeval uitgevind? Of het my voete gekrimp dat hulle soos spagetti voel daarbinne? Ken jy ook daardie gevoel van knyp en laat los as jy met hulle moet loop? Na ‘n week se geloop voel dit kwansuis of jy deeg kan knie met jou tone…

Verbeel jou - die tannie jy sit met ‘n skottel deeg onder haar voete en knie met haar tone, terwyl sy hekelwerk doen en steeds haar sepies dophou op TV!

Dalk is dit vergesog, maar dis hoe ek voel na 10 minute se stap. Ek soek naarstigterlik ‘n nat grasperk. As ek my voete kan natmaak, kry ek ‘n beter greep om makliker te kan loop. Maar dink jy nou vir een oomblik Bloemfonteiners wil natmaak met ‘n 60% moontlikheid vir reên?

‘n Vrou vroetel in haar tuin in die sterk skemer. ‘n Entjie verder raak ek bewus van ‘n seuntjie se uitbundige lag, beide hy en sy Pa het hulle hemde uit en hulle jaag mekaar op die grasperk rond. Twee seuns studente (Jool het intussen aangebreek) , aangetrek in slegs (opgestopte) vroueonderklere samel geld in en hulle is vir die tweede keer by my verby en vind uit in watter straat gaan ek nou loop, hulle wil my nie graag mis nie, dalk het ek hierdie keer geld. Ek raai hulle aan om eerder terug te gaan van waar hulle gekom het, “Want” sê ek ernstig, “Daai klere, daai makeup, hierdie tyd van die aand…Boeta, as jy by die verkeerde huis aanklop en die verkeerde oom maak daardie deur oop, jaag hy julle met ‘n haelgeweer vanaand!”

‘n Man en vrou kom verby en die enigste keer wat hulle nie met mekaar baklei nie is toe hulle asem skep om vir my te groet. ‘n Man en sy hond kom verby, ek meld dat hy dalk eerder sy hond aan ‘n vistok moet vasmaak, en hom by tye inkatrol, want ek kan sien daardie hondjie vat die man vir ‘n stap en nie andersom nie.

My nat grasperk daag toe ook op. Die nattigheid hou ongelukkig nie te lank nie en ek moet kort-kort my voet natmaak proses herhaal. ‘n Entjie verder slaan ek die jackpot (sonder om te dobbel); Sproeiers wat nie net die grasperk natmaak nie, maar ook ‘n stroompie water wat my vergesel die bultjie af. Ek voel soos ‘n eendjie, ek trek sommer my plakkies uit en loop kaalvoet fluitende verder.

Ongelukkig haal ek die stroompie in, maar met my deurweekte voete klou daai plakkies soos bubbelgum aan my voete vas tot ek hulle uitskop by die huis.

Weet jy, die jaar is reeds in volle gang en ek wonder watter voornemens het mense gemaak. Die man in die motor is dalk laat vir ‘n afspraak, sy voornemens is om ‘n paar miljoen te maak hierdie jaar, die tannie in haar tuin om hierdie jaar te ontspan. Die twee studente, om net die Jool te oorleef en hulle fondsinsameling begroting te laat klop. Pa en seun – mekaar te geniet.

Die man en vrou…?

Alles wat ons egter gaan doen of onderneem, het sy prys wat jy gaan betaal, hetsy as ‘n wins of ‘n verlies.

Moet jy dalk vandag jou lewe in oënskou neem?

Trek dan jou plakkies uit en loop in die water, raak deurweek met die Gees sodat jou skoene jou nie meer krampe gee nie, en jy opnuut nuwe moed en nuwe krag kan ontvang. Moenie verder hoop om voornemens te onderhou nie, laat God jou verander en blywende oorwinning gee.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348