Geestelike dwelms en penwortels

Image

Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin.

Ek wonder of dit is hoe dit voel om ‘n “writers block” te beleef. As my Pa hier was sou hy gesê het ek tel “tanne”. Eintlik het ek soveel om te vertel, ek sukkel net in die begin, maar as ek nou so aangaan hoef ek dalk net af te sluit met goeie wense!

So met die terugry verlede week (hier gaat ons…) het hierdie geestelike dwelms en penwortels gedagte by my vasgesteek. Ek lees net daarna van ‘n plaaslike prediker wat ‘n suksesvolle en bekende Amerikaanse prediker en oppad SA toe, ophemel oor sy sukses en waar hy vertel van menigte jong predikers (jy sal sien ek vermy verwysings na pastore, predikante, dominees, reverends, ens – bloot uit oorlewings instink) wat hierdie man navolg. Die presiese woorde is nie so gebruik nie, maar die konsep bly dieselfde. Kom ek vertel uit my eie lewe;

In die jare wat ons betrokke was in ‘n musiek evangelisasie bediening, het ons by baie plekke bedien. Op een geleentheid met een spesifieke liedjie het een vrou bitterlik begin huil. Ek het baie “suksesvol” gevoel want ons het “reaksie” gekry. Na die diens het die dame ook vorentoe gekom, en ek het myself reggemaak om haar verder te bedien. Sy het haarself aan my bekendgestel en baie dankie gesê vir die liedjie wat ons gesing het, want dit was die gunsteling liedjie van haar oorlede eggenoot…

Op ‘n ander geleentheid eenkeer in Welkom het ek tydens die diens opgemerk dat ‘n jong vrou daar sit met gevoude arms, “bubbelgum” al kouende. Haar gesigs uitdrukking was hard (my kinders sal die woord, “attitude” beter verstaan) en toe ek haar weer so uit die hoek van my oog vang, het ek sommer so tussen die singery vir Vader in my hart gevra om haar aan te raak met Sy liefde. Oomblikke daarna kon ek sien Vader was daar.

Wat ek besef het is dat bring die regte tyd, die regte “tools” en jy kan mense beinvloed. Daar is ‘n verskil om die Here se koningkryk te bemark in teenstelling om dit deur Sy kragvolle werking te verkondig.

Jou verhouding met Vader moet nie gebou wees op geestelike dwelms wat uitwerk en dan newe effekte het, net om weer daarvan in die hande te probeer kry nie, jy moet eerder geestelik groei deur jou “wortels” diep in Vader se hart in te skiet sodat jy met Sy oë kan kyk, Sy voete kan loop, uit Sy mond kan praat en kan gaan waar Hy jou heen wil stuur.

Blessings vir jou!

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348