Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel dit is seker nê? Omrede jy nou soveel goedjies kan sien wat jy voorheen nie kon waarneem nie is seker deel van die fasinering. Ek het een keer die voorreg gehad om deur ‘n groot teleskoop na die maan te kyk. Nie die soort wat jy op jou stoep opslaan nie, wel by die sterrewag buite Bloemfontein. Sjoe dis awesome om die maan so van naby te ervaar. Daar was akkedisse en paddas wat ek daar gesien het, een het sowaar vir my tong uitgesteek…toe skrik ek wakker en kom agter dis my gesnork wat my laat hallusineer nê?

Iets interressants was wel die spoed waarteen die maan voor die teleskoop verby beweeg het. Kort-kort moes hulle die teleskoop verstel.

Dan kry jy natuurlik mikroskope. Ongelukkig moet jy weet wat jy wil sien. Inteendeel, jy kan enige iets daar sien wat jy wil. Al wat nodig is om die mense te impress is ‘n af en toe se “oe!” en ‘n “ahh”. Jy sal darem ‘n paar ander manne soos bobbejane laat voel as hulle nie dieselfde “sien” as jy nie.

Ek dink sommer aan ‘n teleskoop op ‘n geweer. As jy ‘n jagter is, is die laaste ding wat jy wil sien mooi gekleurde blommetjies en bye deur die teleskoop of hoe?

Hoe jy na die wêreld kyk as Christen is maar een en dieselfde as om deur ‘n verkyker, miskroskoop of teleskoop te kyk.

Sommiges sien net so ‘n entjie voor hulle, die ander besef nie die verkyker is omgedraai nie. Hulle sukkel om soms perspektief te kry, Soms sien hulle net wat hulle wil. Ander het altyd ander mense en selfs Christene in die visier.

Kyk eerder opnuut deur die oë van Jesus na die wêreld en die mense rondom jou. Efesiërs 4:23 sê dit so mooi, “Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24Lewe as mense wat as beeld van God geskape is; lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig”

Blessings, Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348