Verlore vakansiedag

vacationDaar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net ‘n dag voor die tyd uit te vind, dit is toe nie ‘n vakansiedag nie...

Ongelukkig het ek vandag uitgevind Maandag is nie ‘n vakansiedag nie. Ek het eintlik al twee weke gelede begin regmaak vir ‘n dubbele langnaweek en myself emosioneel daarvoor begin voorberei. Ek vind toe uit die komende Vrydag is nie ‘n vakansiedag nie, maar iewers in my binneste was daar nog die hoop van Maandag en Woensdag wat ‘n vakansiedag was. Al my fokus was toe daarop gerig. Dit was groot hartseer toe ek met ‘n klient praat en hy my inlig dat ek hom Maandag moet bel. Op my vakansiedag? Dit sal mos nie deug nie lig ek hom ewe wakker in, net om met ‘n dwarsklap grond toe geslinger te word. Ek kry sommer weer ‘n Kramp Verskrikolitis en rol soos ‘n wawiel die week verder in.

Ek sal nog iets met jou deel. ‘n Paar naweke gelede word ek ‘n Sondagoggend  wakker en besluit om sommer gou die koerant op die web te lees. Tot my verbasing is die inhoud nog nie opdateer nie. Dit was nogal vreemd, maar ek neem toe maar aan iemand het lekker opgeslip. Later die dag sien ek toevallig ‘n Super 14 wedstryd op TV. Dis vreemd en ek frons dat my neus vleuels soos swaan vlerkies oopsprei, maar niks sal my deesdae meer verbaas nie. Later die middag noem ons jongste dogter, Jonè, dat hulle na ‘n partytjie toe gaan. Nou frons ek dat my ore se was loskom. Wat gaan aan in hierdie wêreld van ons?

Ons oudste dogter is die spesifieke naweek by vriende op die plaas en sy ry gewoonlik Maandag oggende terug. Terwyl ek met haar oor die foon praat en net wil net seker wanneer sy terugkom, vanaand of môreoggend kry ek ‘n; "Nee, eers Maandag oggend"

"Watter dag is dit dan vandag my kind" begin ek so half onseker met ‘n straight poker face uitdrukking.

"Dis Saterdag, Pa!"

Hey, hey, hey! Het julle al ‘n Kaapse Klopse uitvoering, of ‘n one man show reëndans in ‘n gang gesien? Wel dit was ‘n mengsel van die twee soos my vreugde geen perke geken het nie. Sjoe, was daardie naweek darem vir jou lekker lank!

Wat verkeerd gegaan het "upstairs" weet ek nie, maar iewers het drade gekruis en ‘n paar fuse is in die proses geblaas.

Ek het gedink ek sou my hartseer uit my verlôre vakansiedag kon skryf, maar ek word alweer herhinner Maandag is steeds nie ‘n vakansiedag nie, Net Woensdag. In elkgeval, al is daar nie ‘n vakansiedag Woensdag nie, ek is reeds finaal geprogrammeer om vakansie te vat. Maak nie saak of ek voor die rekenaar sit en of ek op die sypaadjie sal sit nie. My mind is made up!

So gepraat, dis nogal interessant om te lees van Paulus se probleme wat hy ervaar het by die gemeente in Korinte. Hier in 2 Korintiërs 11:4 stel hy dit so; "Ek sê dit omdat julle so maklik daarmeë genoeë neem as iemand ‘n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ‘n ander gees en ‘n ander evangelie aan as die wat julle van ons ontvang het."

Ongelukkig gebeur dit vandag nog net soos voorheen. Angus Buchun skryf in sy boek, Is Jesus enough?, dat dit gebeur wanneer iemand aanvanklik in die Gees begin, maar later opeindig in die vlees. Wanneer predikers en evangeliste hulle passie en fokus verloor het, maar nog steeds ‘n show het om te run. Of wanneer hulle so besig word met die dinge van die Here dat hulle die Here van die dinge begin misloop.

Enige aksie wat nie Gees deurweek of Gees vervuld is nie, kom nie van die Here nie, maar vanuit die ou natuur.

Godsdienstigheid teenoor Dissipelskap in Jesus verskil hemelsbreed.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348