Afleibaarheids sindroom

power_of_godHet jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."?

So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek met jou wil deel, is, wel, seker een van my "maniertjies" wat ek "bevestig" (erken klink te pynlik) ek mee sukkel. Sodra Zelda hierdie lees sal dit waarskynlik haar toontjie laat krul van plesier, derhalwe stuur ek sommer ook vir haar ‘n boodskap langs hierdie weg; "Môre is dit dalk jou beurt...."

Die saak staan so en ek wil dit nie eintlik erken nie, maar ek lei waarskynlik aan ‘n tipe van ‘n afleibaarheid sindroom. Nie so erg dat ek medisyne te hoef neem nie. (Jy kom seker agter ek back paddle effens om die werklikheid ‘n bietjie sagter te maak?), maar dalk genoeg om die diegene rondom my soms in my werksopset erg te kan frusteer.

Ai tog, ek sal bv ‘n oproep moet maak, of iets voorberei, of soek, of gou skep, net om ‘n uur later agter te kom, dat ek so vêr afgedwaal het dat ek reeds 14 ander goed gedoen het. Ons oudste, Zelka, sien ek hanteer hierdie eintlik al baie goed. Sy sal langs my sit terwyl ons iets sou bespreek en ek sal iets gou moet oproep op my rekenaar. Dan, terwyl ek verby Outlook gaan, sal my oog ‘n e-pos vang en voor ek my kom kry is ek al weer besig om dit beantwoord. Dan sal Zelka net sê, "Fokus Pa"

Dit is gewoonlik heel genoeg om my aandag weer in lyn te kry. Nou moet ek darem net ter verdediging sê, ‘n paar keer al het ek verniet raas gekry want dit waar ek kwansuis my konsentrasie langs die pad verloor en begin dwaal het, was eintlik al die tyd presies wat ek gesoek het...

Dis amper soos ‘n speelgoed mandjie. Jy weet presies waarna jy soek of moet soek, maar soos jy dieper in die mandjie ingaan en deur die items soek, pop iets uit wat jou aandag aftrek en jy begin met dit speel. Soms gebeur dit dat jy nooit eers uitkom by jou aanvanklike item wat jy gesoek het nie.

Ongelukkig gebeur dit elke dag met Christene ook. Daar is soveel goed wat hulle aandag aflei in ons verhouding met Jesus dat as ons weer sien, is die Here nie meer die prioriteit in ons lewe nie. As jy dalk vandag kan identifiseer dat jy weke, dalk maande laas ‘n liefde in jou hart ervaar het vir Jesus, wil ek jou regtig bemoedig om dalk net jouself weer tot Sy beskikking te stel. Vir Vader te vra om weer die Geestelike fynhout aan die brand te steek en elke dag meer en meer hout op te gooi sodat jy weer jou passie vir die Here kan terugkry. Ek wil jou bemoedig om uit die modder uit te klim, gryp die tou wat Jesus na jou uitgooi, hou net vas, Hy sal jou daar uitkry.

Weet jy hoe geweldig groot is die krag wat God tot jou beskikking stel? Ef 1:18,19 sê "Ek bid dat Hy julle geestesoë so sal verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van Sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan Sy regterkant laat sit het..."

Dieselfde krag wat Jesus, die Seun van God, uit die dood opgewek het, is dieselfde krag wat Hy in ons uitoefen. Besef jy hoe geweldig dit is?

Laat Hom toe om jou lewe opnuut aan te raak sodat jy hoop en ‘n toekoms kan hê deur Hom vir wie alles moontlik is en wat jou nie sal teleurstel nie.

Blessings vir die week.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348