300 jaar in die kol

Atom ClockEk lees onder ons Interesting facts van ‘n cesium atoom wat oor die nege biljoen slae per sekonde slaan in ‘n atoom horlosie.

Ek is eerstens bly en hoef nie daai horlosie te olie nie, wat nog meer op te wen. Uitmekaar haal is buite die kwessie. Dink gou aan die sprokies karakters waar so ‘n horlosie so met ‘n twêng geluid ‘n veer uitskiet. Nou fokus weer op ons atoom horlosie. Daar sal nie ‘n twêng as een van hierdie atome sy konsentrasie moet verloor nie. Hurricane Karina sal lyk soos ‘n vervelige Karoo dwarrel windjie net na 12H00 op ‘n somersmiddag. Daai wat jou eintlik net irriteer met stof in die oë.

Ek lees die beginsel van hoe hierdie horlosies werk word daarop baseer dat hulle die vloeibare cesium verhit in ‘n oond wat ‘n gaatjie inhet, en waaruit hierdie atome met groot snelheid kan ontsnap. Soos die klomp warm goetertjies by daardie gaatjie uitblaas, word die spoed gemeet en dan word dit aan tyd gekoppel. Die slegte nuus vir jou en my is dat daardie verklaring van hulle tyd so besaai is met desimale en (soos dit vir my lyk) spelfoute, dat selfs nie eers die Pous dit sal kan verstaan nie. Hulle praat van resonante frekwensies, isotope van atomiese massa 133 ("Cs-133"). Ek noem maar net ‘n paar want die res kan mens nie eers uitspreek nie. Ek dink amper daar bestaan nog nie eens woorde in hôgere Afrikaans daarvoor nie. Inteendeel as jy dit dalk sou waag om intellegent te probeer klink in geselskap mag hulle jou dalk net Weskoppies toe stuur, sonder die opsie van parool of ‘n daaglikse uur oefening in die son.

Wat is die prys?

Om oor ‘n periode van 300 jaar hulle horlosie tot op ‘n sekond korrek te kan monitor.

Bravo!

Dis seker nou nie net daarvoor nie, maar soos ek sê, dis al wat ek kon verstaan en omskakel na moderne Afrikaans…

Weet jy, ons is soms ook so besig om presies te wees en onnodig tyd verspil met onbenullighede wat einlik geen voordeel vir ons inhou nie. Soms in ons geestelike lewens maak ons dit ook so moeilik om Jesus te geniet. Sy onverdiende genade net te aanvaar en Sy seëninge te ontvang. Ons loop rond met ‘n “ek is dit nie werd” houding.

Het jy dalk nodig om net vandag net weer jou omstandighede daaraan te herhinner dat jou Vader die Skepper is. Dat jy nie oorgelewer is aan jouself nie, dat Jesus reeds vir jou die prys betaal het, dat jy vandag in vrede en voorspoed kan leef .

Mag jy instaat wees om vandag te besef, hoe hoog, wyd en diep die liefde van Jesus vir jou strek. Mag jy vandag vervul word met die Heilige Gees en die volheid van God ervaar. Mag jy besef dat Jesus se krag wat in jou werksaam is oneindig meer kan doen as wat jy ooit kan dink of voor kan bid. Aan Hom kom toe al die lof en eer.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348