Die fluitende voëltjie

singing051109My eerste kennismaking met my nuwe maatjie los my met 'n benoudheid. As die voëltjies begin sing en jy sit nog agter die rekenaar beteken dit die nag is verby en die sonsopkoms is nie vêr nie. Wat jou slaap betref, kan jy maak wat jy wil, jy is in die moeilikheid. Of jy nou gaan slaap of nie, maak nie 'n verskil nie, die dag wat voorlê is nie een van die maklikstes nie. Daardie dag is jy nie een van die skerpste stukkies gereedskap in die stoor nie.

My nuwe maatjie, kom ek na 'n tyd agter, begin stiptelik om drie uur in die oggende met my gesêls. Ek dink hy chat spesifiek met my want daardie tyd van die oggend is dit mos doodstil en ek het nog nooit gehoor dat 'n ander voeltjie terug antwoord nie. 'n Paar keer het hy my al deur die dag verras as ek sy bekende fluit hoor. Dan wonder ek of die mannetjie nie dalk sy middagslapie kon inkry nie, of dalk sy dag en nag omgeruil het? Feit van die saak is, hy is altyd op sy pos en reg met sy deuntjie, ongeag wie hom antwoord of watter tyd dit mag wees.

Daar is 'n Engelse liedjie met die volgende woorde;

How Lovely on the Mountain Are the Feet of Him That Brings Good News, Proclaiming Peace, Announcing Joy and Happiness, Our God Reigns.

Dink net hoe wonderlik weergalm hierdie boodskap in die hemele as ons vandag ook goeie nuus bring na ons werk, ons omgewing. Woorde van lewe, vrede, vreugde en geluk. Iemand wat dalk desperaat opsoek na 'n uitkoms, of wat dalk onder geweldige druk verkeer in jou teenwoordigheid kan ontspanne en vrede ervaar. Jou woorde en handeling impakteer vandag direk op die mense se lewens rondom jou en met die wat jy oor die foon mee in aanraking kom. Laat Jesus toe om vandag in jou lewe te regeer, gee jou hart opnuut vir Hom en laat Hom toe om jou te vorm en te verander om sodoende 'n massiewe impak te maak op jou omgewing. Wees jy vandag ook soos die voeltjie buite my kantoorvenster wat ek nie meer kan ignoreer nie, wie se sang ek eintlik nodig het vroeg in die oggend om my net weer te herhinner dat ons God in beheer is, dat Hy vandag regeer.

Our God reigns!

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348